Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 38

••• A G RI - IW RUBR E KE N K E THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: Januarie 2016: Hoe staan sake nou? AGTERGROND: Die meeste Suid-Afrikaanse kommoditeitspryse het drasties gestyg die afgelope tyd. Daar gaan derhalwe gekyk word na faktore wat aanleiding gegee het tot die styging. INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE: Ru-oliepryse: Soos algemeen bekend was die wêreld-ekonomie aan die weghardloop gedurende 2008. Dit was veral as gevolg van China se enorme BBP-groei wat die vraag na energie en ander grondstowwe die hoogte laat inskiet het. Daar was gerugte dat die wêreld net genoeg ru-olie beskikbaar het vir die volgende 40 jaar. Die Amerikaners wat ook nie die Arabiese wêreld in die oë wil kyk vir hulle energiebehoeftes nie, het op groot skaal begin om etanol uit mielies te vervaardig. Energiepryse het gedurende 2008 op rekordvlakke beweeg, Grafiek 1. Die internasionale Brent ru-olieprys ($/vat). Grafiek 2. Verandering in die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) van China. (%)-IMF 36 Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario rondom $145/vat. Sedert 2012 het die Brent ru-olieprys vir redelik lank op ‘n vlak van $110/vat beweeg. Die etanolaanlegte het goed geld gemaak en 38% van die Amerikaanse mielie-oes word tans in etanol omgesit. Op hierdie stadium beweeg die Brent olieprys op ‘n vlak van $30/vat (Grafiek 1). Nieteenstaande die lae Amerikaanse mielieprys maak meeste van die etanolaanlegte in die mid-weste van die VSA verliese. Dit is definitief nie prysondersteunend vir die internasionale mielieprys nie. Alternatiewe energie soos windkrag, skaliebreking en intensiewe eksplorasie na ru-olie het onder andere ‘n rol gespeel in die daling in die internasionale ru-oliepryse. Chinese ekonomie verlangsaam: ‘n Verdere faktor wat kommoditeitspryse internasionaal onder groot druk plaas, is die verlangsaming van die Chinese ekonomie. Grafiek 2 dui die groei in die bruto binnelandse produk van China aan. Daar was projeksies dat die Chinese ekonomie se BBP-groei na 20% kon beweeg. Vrese het ontstaan dat die Chinese alle beskikbare kommoditeite soos ru-olie, grane en oliesade gaan opneem. Sedertdien het die BBP-groei met 57% afgeneem, wat die vraag na alle kommoditeite drasties laat afneem het. Soos ons weet het