N UUS
Nuwe maatskappy
by Senwes Bpk
D
it is vir ons aangenaam om aan te kondig dat die makelaarsafdeling van Senwes Bpk ’n nuwe maatskappy gestig het wat in
die toekoms as ’n aparte entiteit sal funksioneer,
maar steeds binne die Senwes groepstruktuur.
Die oorsprong van die besluit kom uit veranderinge aan die JSE-reëls en -regulasies wat die
deursigtigheid van die makelary sal verseker.
Die nuwe maatskappy sal voortaan bekend
staan as Senwes Graanmakelaars (Eiendoms)
Beperk, afgekort na SGB.
Bestaande kliënte sal dienooreenkomstig
via e-pos of telefonies gekontak word om die
oorgangsproses te fasiliteer. U hoef egter nie
bekommerd te wees dat hierdie verandering
u marktoegang of verhandelingsgeleenthede
negatief sal beïnvloed nie. Alle personeel tans
betrokke by die makelary skuif eenvoudig oor
na die nuwe maatskappy en bestaande kliënt-/
makelaarverhoudings word glad nie hierdeur
geraak nie. U makelaarsfooistruktuur bly onveranderd en die bestaande telefoonnommers
bly in werking.
Baie dankie vir die geleentheid wat u ons
bied om met u besigheid te doen. Ons sien uit
daarna om verder te bou aan hierdie verhouding
in ons nuwe maatskappy. Skakel gerus u makelaar vir enige verdere vrae of indien u belang sou
stel om ’n rekening by SGB te open.
Frans Dreyer
[email protected]
(Bestuurder Makelary) 018 464 7786
Susari Geldenhuys
(Opsieskrywer)
[email protected]
018 464 7430
Elanie van den Berg [email protected]
(Makelaar)
018 464 7554
Norman Botma
(Makelaar)
[email protected]
018 464 7528
Marcel Lombard
(Makelaar)
[email protected]
018 464 7722
SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016
35
•••