Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 36

••• RUBR I E K van die versekerde/medeversekerde veroorsaak deur ‘n versekerde gevaar terwyl dit binne die versekerde se private woning, soos gespesifiseer in die bylae, is. Diefstal van die geld moet egter weereens gepaard gaan met in- of uitbreek deur wesenlike, sigbare en gewelddadige middele. - Bedrae hoër as R2 500.00, asook geld vir besigheidsgebruik (boerdery), moet verseker word onder Afdeling Geld, wat ons later sal behandel. 34 • TOEVALLIGE BREKASIE VAN SPIEËLS EN SEKERE GLAS Die toevallige brekasie van die glas van spieëls, glasblaaie van meubels en vaste glas wat deel uitmaak van enige stoof of oond (bv. ‘n glasbladstoof waarop ‘n kastrol val en die blad breek). • MEDIESE UITGAWES Mediese uitgawes, behalwe waar ‘n mediese fonds/ander versekering beskikbaar is, is verseker tot R10 000,00 vir toevallige liggaamlike besering. Hierdie dekking is egter beperk tot beserings opgedoen deur - enige persoon (uitgesluit die versekerde/medeversekerde of iemand in hul diens) direk veroorsaak deur versekerde se huisdier (hond/kat/ ensovoorts) wat op die perseel gehou word; - enige gas of besoeker wat direk veroorsaak is weens ‘n defek in die geboue of perseel; - enige huishoudelike werker in diens van die versekerde en wat ontstaan uit die loop van sy/haar diens, bv. ‘n werker wat van ‘n leer afval terwyl hy die dakgeute skoonmaak. OPSOMMING Dit is dus duidelik uit voorgaande bespreking dat die verse- keringsdekking in terme van Afdeling Huisbewoners heelwat meer om die lyf het as blote weerlig- of diefstalskadeloosstelling. Ten einde al die voordele daarvan te benut het elke versekerde die plig om hom-/haarself te vergewis van wat in die polis staan. Gebruik ook jou versekeringsadviseur om al die voordele van jou korttermynpolis vir jou te verduidelik. In die volgende uitgawe fokus ons verder op die uitbreidings wat gratis ingesluit word in hierdie afdeling van die polis, asook uitbreidings wat teen ‘n addisionele premie bygekoop kan word. Vir die doeleindes van hierdie artikel is die polisvoorwaardes van die Santam Landboupolis gebruik en mag die dekking, perke en voorwaardes verskil van verse