Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 33

R UB R IE K ••• DEEL 7 JACO KRUGER S EK WEET NIE OF ALMAL DAARVAN BEWUS IS NIE, MAAR VAN AF 1 JANUARIE 2016 IS DIE DRA VAN SKIET BRILLE VERPLIGTEND BY ALLE SA JAGTER SKIETBANE EN KOMPETISIES. o kom ons kyk bietjie na skietbrille in die algemeen. Kom ons loer eers na die redes vir die daarstel van hierdie reël. Eerstens om veiligheidsredes - ongelukke gebeur. Ek het tot sowat ses maande gelede nooit ‘n skietbril gedra nie, maar dit het intussen verander. Kom ek vertel. Hier in Kroonstad op die skietbaan het iemand ‘n fout gemaak, wat met elkeen van ons kan gebeur. Hy het die verkeerde ammunisie in die verkeerde geweer geplaas en as gevolg daarvan sig in een van sy oë daardie dag verloor. Ongelukke gebeur maklik. Glo my, ek dra nou altyd skietbrille by die baan. Dit is egter belangrik om daarop te let dat daar ‘n verskil is tussen veiligheidsbrille en skietbrille. Die grootste verskil tussen die twee lê in die kwaliteit en die kleur van die lense. Terwyl veiligheidsbrille bloot beskerming bied, kan skietbrille met kwaliteitlense jou ook die teiken baie beter laat sien en sodoende beter laat skiet. Jy hoef nie duisende rande te spandeer op skietbrille nie, maar wees versigtig vir goedkoop brille met plastieklense wat kwansuis impakbestand is. Hierdie brille voldoen glad nie aan die nodige veiligheidstandaarde nie. Brille wat vir skiet gebruik word of verkoop word, moet aan ANSI Z87.1 veiligheidstandaarde voldoen. Die afkorting staan vir American National Standards Institute. Lense van glas of ander tipes lense wat splinter as dit breek word glad nie aanbeveel vir skietbrille nie. Skietbrille het verskillende kleure lense. Jy kry die gewone deurskynende lense, geel lense, amber of rooi lense. Jy moet ongelukkig self gaan kyk wat vir jou die beste is. Ek kan byvoorbeeld nie met geel lense in helder sonlig skiet nie. Dit is te helder en gee my hoofpyn. In swak lig werk geel lense vir my weer baie goed. Die lense moet ook ‘n duidelike kontras skep tussen verskillende kleure. Die teiken moet nie verhelder word nie. Jy moet ook seker maak dat die skietbril gemaklik op jou gesig sit. Jy wil nie ‘n bril hê wat afsak en jou die heeltyd teen die raam laat vaskyk nie. Die neusstuk van die bril moet verkieslik van sagte rubber gemaak wees om te keer dat die bril nie sommer van die neus afgly nie. Onthou, gewone voorskrifbrille kwalifiseer wel vir genoegsame oogbeskerming. Hulle is egter nie altyd skietvriendelik nie as gevolg van die raam. Sommige skietbrille maak wel voorsiening vir voorskriflense en jy kry ook skietbrille wat bo-oor jou voorskrifbril pas. So, om net ‘n skietbril te koop is nie so eenvoudig nie. Daar word nie verniet gesê dat die tweede skietbril wat jy koop, die duur een is nie. Gaan besoek gerus die Hinterland wapenwinkels - hulle sal jou help met die hele proses. Skietgroete, en soos die man in Potch sê, bewe raak. Jaco Kruger het sy nasionale kleure in Benchrest skiet verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig. Hy is ook ‘n aktiewe SA Jagterslid. SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 31