Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 26

••• NUUS Ken jou Certisure makelaars in Kroonstad KROONSTAD HET VIER CERTISURE MAKELAARS, NAAMLIK ERIC SCRIVEN, NEELS DYKMAN, CHILLY CAMPHER EN AWIE MYNHARDT. NEELS DYKMAN Wat doen jy by Certisure? Wat behels jou take? Korttermyn- en oesversekering. ERIC SCRIVEN Hoe het jou loopbaan gevorder tot nou? Ondervinding in dié bedryf is waardevol en my kollegas het hier baie waarde toegevoeg. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? Ek is in Kroonstad gebore en het hier grootgeword. Wat doen jy by Certisure? Wat behels jou take? Ek is ‘n makelaar by Kroonstad. Hoe het jou loopbaan gevorder tot nou? Ek is vir die laaste 18 jaar ‘n makelaar. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? Ek is in De Aar gebore en het in Alberton en Kroonstad grootgeword. Waar het jy skoolgegaan: Laer- en hoërskool? Laerskool Elandia in Dinwiddie en Afrikaanse Hoërskool in Germiston tot graad 10 en daarna Afrikaanse Hoërskool Kroonstad. Wat was jou planne na skool en hoe het dit gerealiseer? Ek wou ‘n mediese dokter word, maar is weermag toe… Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Ek is bly om deel te wees van ‘n dinamiese span wat kliënte eerste stel. Wat is die beste raad wat jy aan jou kliënte sal gee? Wees eerlik en openbaar alle wesenlike feite. Kyk bietjie wyer as net die premie. Wat doen jy in jou vrye tyd, het jy stokperdjies? Ek ry graag fiets en is ‘n rugby-afrigter. Familie? Ek is in 2000 met Ansophie getroud en het ‘n dogter, Anricke (12). Hoe sien jy die versekeringsbedryf in 2016? Die mark gaan baie strenger wees. Die ekstra myl gaan die behoud van kliënte verseker. 24 Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario Waar het jy skoolgegaan: Laer- en hoërskool? Sentrale Volkskool en Blou Hoërskool. Wat was jou planne na skool en hoe het dit gerealiseer? Na twee jaar diensplig is ek Landboukollege toe in Potchefstroom, waarna ek vanaf 1981 tot 2000 saam met my pa geboer het. Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Ons primêre besigheid is agri-besigheid. Ons goeie verhoudinge met die grootste versekeraars sal verseker dat ons tred hou met ‘n vinnig veranderende landbou-omgewing. Wat is die beste raad wat jy aan jou kliënte sal gee? Om te deel met ‘n rolspeler in die versekeringsbedryf met substansie soos die Certisure / Senwes affiliasie. Wat doen jy in jou vrye tyd, het jy stokperdjies? Ek onderneem staproetes en ‘n halfmarathon so nou en dan! Ek hou ook van kosmaak. Familie? Ek is 31 jaar met Riëtte getroud en het vier kinders, Jan (27), Juli (25), Ranie (23) en Cornelis (20). Hoe sien jy die versekeringsbedryf in 2016? El Niño het verwoesting gesaai, kliënte gaan onder finansiële druk gebuk. Versekeraars waarmee ons deel gaan deeglik bewus gehou moet word van die behoeftes van ons kliënte. Ons moet verseker dat ons kliënte steeds ons kliënte sal wees wanneer die weer, glo ons, aanstaande jaar weer in almal se guns draai.