Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 24

••• HAND E LSN U U S Grafiek 2: Pariteitspryse vs R/$ wisselkoers (Amerikaanse geelmielies, Randfontein) BRON: GRAAN SA Grafiek 3: Prys/kosteknyptang met verwysing na landbou (Gekombineerde landbou-indeks vs Intermediêre landbou-insette) BRON: DAFF dieselfde volume goedere in te voer. Die wisselkoers het met 29% verswak vanaf Januarie 2015 tot Januarie 2016, soos aangedui in Grafiek 1. Die verswakking van die rand sal verskeie winste en verliese in die landbousektor tot gevolg hê en sal ’n beduidende impak op die invoer- en uitvoerbedryf hê. Oor die kort termyn sal ’n verswakking in die wisselkoers kommoditeitspryse ondersteun weens verhoogde pariteitspryse. Dit word gedemonstreer in Grafiek 2. Die wisselkoers het oor die lang termyn ’n impak op landbou-insette. Insette soos kunsmis, chemikalieë, diesel en masjinerie verhoog soos wat die rand verswak. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat die meeste van hierdie produkte of die aktiewe bestanddele in die produkte ingevoer word. Dit plaas druk op produsente omdat produsente hulself reeds in ’n kosteknyptangscenario bevind (Grafiek 3). Die prys/kosteknyptang dui aan dat kommoditeitspryse oorskadu word deur die verhoging in koste. Dit beteken dat landbou as geheel oor die langer termyn verliese sal ly weens die verswakking van die rand. In ’n droogtejaar, wanneer bogemiddelde graaninvoere benodig sal word om aan die binnelandse vraag te voldoen, kan die wisselkoers selfs ’n groter invloed op die landbousektor as geheel hê, sowel as op die ekonomie. Die verswakking van die rand sal duurder invoere tot gevolg hê, wat die land se ekonomie baie geld sal kos. OPSOMMING • Wisselkoers het aansienlik verswak oor die afgelope jaar. • Die verswakking van die wisselkoers ondersteun kommoditeitspryse weens hoër pariteitspryse. • Pryse van landbou-insette soos kunsmis, plaagdoders, ens. het ook verhoog weens die feit dat die meeste van die aktiewe bestand