Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 23

HA N D E L SN UUS ••• Impak van wisselkoersverswakking op die landbousektor MNR LUAN VAN DER WALT, DR YONAS BAHTA EN DR DIRK STRYDOM LANDBOU-EKONOMIE - UFS D ie Suid-Afrikaanse finansiële sektor word hoog aangeslaan in internasionale markte in terme van mededingendheid en beleggingsgeleenthede. Volgens ’n studie wat deur die Wêreld Ekonomiese Forum oor mededingendheid gedoen is, word SuidAfrikaanse finansiering deur plaaslike ekwiteitsmarkte eerste geplaas uit ’n lys van 140 lande, terwyl die regulering van effektebeurse tweede geplaas is vir 2015/2016. Dit is ’n goeie aanduiding van die kwaliteit van die Suid-Afrikaanse finansiële sektor. ’n Goeie finansiële sektor kan ’n geweldige groot rol speel in die ekonomie van ’n land om buitelandse beleggers te lok. Nuwe beleggers kan dan natuurlik help met die land se betalingsbalans. Verskeie ekonomiese aanwysers word gebruik om die welvaart van ’n land te bepaal. Een belangrike aanwyser is die wisselkoers. In die Suid-Afrikaanse konteks is die belangrikste aanwyser in terme van handel die Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) relatief tot die Amerikaanse Dollar (US$). Die wisselkoers word deur ’n aantal eksterne faktore beïnvloed, wat dit hoogs volatiel en moeilik maak om vooruitskattings te maak. Voorbeelde van sodanige faktore is die inflasiekoers, rentekoersdifferensiale, tekorte op die lopende rekening en selfs die stabiliteit van die wêreldekonomie en -politiek. Die Suid-Afrikaanse ekonomie was onder groot druk in 2015 weens ’n aantal eksterne faktore. Hierdie faktore het gewissel van politieke faktore tot die sukkelende Chinese ekonomie en die herstrukturering van wêreldekonomieë. Die politieke situasie in SuidAfrika het groot druk in die verskillende sektore veroorsaak. Die mynsektor was onder druk weens stakings, wat weer tot verlaagde uitsette en hoë kommoditeitspryse wêreldwyd gelei het, wat weer skerp gedaal het. Die tekorte met betrekking tot elektrisiteitsvoorsiening, wat tot die toepassing van beurtkrag aanleiding gegee het, het die ekonomie baie geld gekos. Uitsette deur die vervaardigingsektor was onder druk, wat weer tot ekonomiese verliese gely het. Al hierdie faktore het die wisselkoers beïnvloed. Die Suid-Afrikaanse besigheidsvertroue-indeks sowel as die kredietgradering is verskeie kere gedurende 2015 afwaarts aangepas. Die besigheidsvertroueindeks het vanaf 49 in die eerste kwartaal van 2015 verlaag na 36 in die vierde kwartaal van 2015, terwyl die Suid-Afrikaanse kredietgradering net bo rommelstatus is. Daar word gevrees dat die kredietgradering afwaarts aangepas kan word na rommelstatus sou die Grafiek 1: R/$ wisselkoers ekonomiese situasie nie binne die volgende paar maande verbeter nie. Die ontslag van die Minister van Finansies deur die President het ook baie druk op die wisselkoers geplaas. Al hierdie faktore het ’n impak op besigheidsvertroue gehad en indien die internasionale beleggers sou besluit om hul beleggings uit Suid-Afrika te onttrek, sal dit aanleiding gee tot die verdere verswakking van die rand. IMPAK OP DIE LANDBOUSEKTOR Die skielike verswakking van die rand teenoor die belangrikste geldeenhede, en veral die US$, was ’n groot skok aangesien niemand die skielike verswakking kon voorspel nie. Die effek van die verswakking sal neerslag vind in die landbousektor en dit kan negatief of positief wees. Die belangrikste effek van die verswakking van die rand op die landbousektor sal in terme van invoere en uitvoere wees. Die uitvoerbedryf sal by die verswakking van die rand baat, terwyl dit ’n negatiewe impak op die invoerbedryf sal hê. Uitvoerders se inkomste sal vergroot terwyl invoerders meer sal betaal om BRON: SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 21