Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 17

HA N D E L SN UUS ••• Die roesrooigraankewer is een van nagenoeg 2 miljoen spesies. ‘n Volgesigmasker met ma ''n filterkannetjie is ver pligtend by berokking! Die manne van Beroking by Senwes in Klerksdorp. Hier is Renier Vermaak (Hoof van Beroking), Abel Kadi (Algemene Werker), Jacob Dintwe (Drywer) en Thinus Mostert (Assistent Beroker). monitering moet plaasvind om blootstelling en akute vergiftiging te verhoed. By gif is gesondheidsrisiko's uiters belangrik. Goeie opleiding is van die uiterste belang. Etikette, tipes gifstowwe en die effek daarvan op die toediener moet verstaan word. INSEKTE Daar is sowat 2 miljoen spesies. Die vernaamste opbergingsinsekte in die Senwes gebied is kalanders, platgraankewers, rooikewers, graanmotte en stofluise, elk met sy subspesies. In die winter, onder 15°C, is die insekte minder aktief en soms plant insekte nie voort nie. By warm temperature en vogtige toestande floreer hulle. DIE IMPAK VAN INSEKTE Met elke oneffektiewe beroking het die volgende generasie insekte weerstand opgebou. Lewensiklusse is tussen 20 en 40 dae. Een insek wat oorleef kan tot 300 eiers lê. Larwes vreet net – hulle hoofdoel is voortplanting. WAT TEIKEN DIE INSEKTE? Insekte val meestal die kiemgedeelte van die graan of saad aan. Juis die ding wat ontkiem met die meeste voedingswaarde. Insekskade affekteer dus die gradering van die graan. KWARANTYN Vroeër jare het die khaprakewer voorgekom, maar gelukkig nie meer vandag nie. Indien soo ‘n kewer gevind sou word,, word 'n hele perseel of stoor onder kwarantyn geplaas. Een rede waarom daar wette is met betrekking tot die in- en uitvoer van graan. WANNEER WORD BEROOK? Siftoetse of gehaltebeheer word weekliks op buise gedoen en sodra insekbesmetting voorkom, word berook. In die somermaande is dié afdeling baie bes Y˂