Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 16

••• HAND E LSN U U S AUBREY KRUGER BEROKING van graan Renier Vermaak, Hoofberoker by Senwes in Klerksdorp. SENWES SCENARIO HET BY DIE HOOFBEROKER IN KLERKSDORP, RENIER VERMAAK, MEER GAAN UITVIND OOR WAT DIE BEROKING VAN GRAAN NOU EINTLIK BEHELS. WAT BEHELS BEROKING VAN GRAAN? Beroking is die veilige en effektiewe bestryding van graanopbergingsinsekte in opgebergte graan sodat dit veilig en vry van lewendige insekte is vir die eindverbruiker. HOE WERK DIT? Beroking behels die toediening van formulasies wat fosfien vrystel en die lugruimtes om die graankorrel met ‘n toksiese gas vul. Dit is belangrik om te weet dat jy nie die graan berook nie, maar wel die ruimtes om die graan. As gevolg hiervan is daar geen residu van fosfien op die graan nie. Die bespuiting van graan behels dat graan fisies bespuit word met ‘n stof wat na 21 dae afbreek tot ‘n aanvaarbare residuvlak, wat veilig is vir die eindverbruiker. GEÏNTEGREERDE PESBESTUUR Dit is ‘n program waar jy alles doen om insekte te elimineer en beroking is die laaste uitweg. 14 In die bedryf praat ons van skuurhigiëne en dit gaan gepaard met skoonmaakaksies in en om silokomplekse, voorbereiding van opbergingstrukture/silobuise, afseel van strukture en gereelde monitering. “Dit help nie jy dien net gif toe en maak nie skoon nie. Dit is soos ‘n groot kombuis. Jy skep nie kos in ‘n vuil bord nie. Die bord moet tog skoon wees.” Dieselfde geld vir skuurhigiëne. Die gif breek af in die buis na ongeveer 20 dae en dan is jou graan weer blootgestel aan insekte. Skuurhigiëne is die belangrikste beginpunt in die eliminering van herinfestasies. MIDDELS Fosfien, metielbromied en spuitmiddels is beskikbaar vir insekbestryding. Op die stadium is dit fosfien wat gebruik word. Fosfien reageer op atmosfeer (vog, hitte en suurstof) om die gas vry te stel. Spuitmiddels werk goed, maar as gevolg van residuvlakke wil nie alle kopers bespuite graan aankoop nie. Metielbromied is baie duur en is besig om uit te faseer omdat dit ‘n ‘ozone depleting substance’ is. TIPES BEROKING Losmaatberoking – Soos in silobuise, silosakke en opbergingsdamme, waar graan in massas opgeberg word. Jy gebruik ‘n tablet, ‘n pil of sirkulasieberoking. Dit word in die graan ingewerk en dan stel dit gas vry. Sirkulasie – 'n Formulasie word in die buis toegedien en die lug (gas) sirkuleer in die buis, wat die insekte dood. Sakberoking – Produkte wat Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario in sakke berook word. Dit is baie arbeidsintensief. Veiligheid is altyd belangrik maar hier selfs meer! VIR HOE LANK WORD BEROOK? ‘n Minimum van 120 uur blootstelling. Sodoende moet die struktuur altyd gasdig wees. Die KT- waarde moet bereik word. Dit is die blootstelling gemeet aan die hoeveelheid gaskonsentrasie teenoor tyd. Hoe laer die konsentrasie - hoe langer die blootstellingstyd. MAAK ALLE STADIA VAN ‘N INSEK DOOD Beroking moet alle stadia in die lewensiklus van die insek doodmaak. Insekte, larwes, papies en eiers. Insekte en larwes is die aktiefste hulle asem die gif eerste in en vrek eerste - binne 24 uur! Papies en eiers neem egter langer om die gif te absorbeer. Papies en eiers word in sekere gevalle blootgestel, maar nie vir lank genoeg om te vrek nie. So bou die volgende generasies ‘n tipe van ‘n weerstand op teen die gif. INSPEKSIES Hier word gekyk na skuurhigiëne, prosedures en voorbereiding. Wetgewing word nagekom ten opsigte van veiligheid en die gebruik van geregistreerde produkte teen die regte dosisse. TOERUSTING ‘n Volgesigmasker met ‘n filterkannetjie moet gedra word. Elke tipe gif het sy eie filterkannetjie, anorganiese gasse en organiese dampe. Wet 85 van 1993, Beroepsveiligheid en Gesondheid, reguleer ‘n veilige werksomgewing. Gereelde