Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 13

KO L L IG ••• Die Crous broers is David, Riaan en Kobus. AUBR REY KRUGE KR ER VIR DIE CROUS BROERS VAN KROONSTAD IS WILD ONGETWYFELD HUL FOKUSPUNT. DIE GEDREWE BROERS IS KOBUS (49), DAVID (47) EN RIAAN (43). HUL SUKSES SPRUIT UIT DIE FEIT DAT HULLE AL SEDERT 1992 SAAM BOER EN VERAL ’N BESLUIT 14 JAAR GELEDE, IN 2002, OM NA WILD OOR TE SKAKEL, WERP NOU VRUGTE AF. H ulle het, soos hulle dit stel, “maar groot geword op die plaas”. Hulle voeg by dat dit ‘n enorme voorreg is om saam te kan boer en dit wat hulle weet, hulle by pa Viljee en ma Wilma geleer het – “Gesien hoe dit gedoen moet word.” Die wawiel-logo by die ingang van die plaas Wilgerboom bevestig dat die manne werklik skouer aan die wiel sit. EERSTE VEILING IN FEBRUARIE ‘n Groot stap vir die Crous broers is dat hulle op 25 Februarie vanjaar hulle eerste veiling by Sun City hou, waaraan hulle al drie jaar lank werk. Daar gaan nie minder nie as 740 stuks wild onder die hamer kom. Van swartwitpense, tot buffels en leeus om net ‘n paar van die twee hande vol spesies op Die Crous Broers het sowat 8 jaar gelede met renosters begin boer en 5 jaar terug selfs met leeus. SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 11