HO O F ST O R IE
NET SOOS IN DIE 2007 SEISOEN BELEEF DIE
SENTRALE MIELIEPRODUSERENDE GEBIEDE IN DIE
SOMERREËNVALSTREEK VAN SUID-AFRIKA INTENSE
HITTEGOLWE WAT DIE MIELIEPLANT ONDER STRES
SIT. DIE GOEIE REEN IN MEESTE DISTRIKTE IN
NOVEMBER EN DESEMBER 2014 HET MOONTLIK
AANLEIDING GEGEE DAT LANDE GEPLANT IS WAAR
DAAR NIE NOODWENDIG GENOEGSAME VOG WAS
NIE, WAT DIE PROBLEEM KAN VERHOOG.
D
aar is streke waar
die oes reeds skade
gely het. Die potensiële
skade en gepaardgaande
kleiner oes kan tot gevolg
hê dat sommige produsente
terugbetaalprobleme van
produksielenings kan
ondervind.
In hierdie artikel word
gepoog om die alternatiewe
aanwending van droogtemielies te vergelyk en
riglyne te verskaf ten einde
die produsent behulpsaam
te wees om ‘n ingeligte
besluit te kan neem. Die
uitkoms van moontlike
besluite geneem deur
produsente is om die
potensiële finansiële verliese
wat in die gesig gestaar
word tot die minimum
te beperk. Daar is egter
geen eenvoudige antwoord
vir dié probleem nie.
Sekere mielieprodusente
het reeds ‘n redelike veefaktor
om risiko te beperk en
hoewel die veestapel tans in
goeie kondisie is, bestaan
kommer oor moontlike
oorwinteringsprobleme in
sekere distrikte. Die tipe
en hoeveelheid kontrakte
sowel as produsente met
moontlike voertekorte wat
tot oorwinteringsprobleme
kan lei, kan die bepalende
faktor wees in wat die
produsent besluit om
met sy mielies te doen.
‘n Land wat reeds ernstige
droogteskade toon, bied
verskeie opsies wat oorweeg
kan word. Ten einde ‘n
vergelykbare berekening
te maak, word die
uitgangspunt geneem dat
daar een ton graanopbrengs
is. Vir alle berekeninge
word die insetkoste buite
berekening gelaat, aangesien
dit redelik varieer tussen
gebiede en produsente.
Die een benadering sou
eenvoudig wees om teen die
laagste moontlike verlies
die droëmateriaal vir die
vee aan te wend, versus die
benadering om maksimum
inkomste te probeer
realiseer vir die potensiële
oes. In al die moontlike
aanwendingscenario’s
van die droëmateriaal vir
vee, moet ‘n proteïenlek
bykomend voorsien word
weens die inherente
tekort van proteïene
in mielies. Indien hooi
tans teen markverwante
•••
pryse gekoop word, sal die
oorwintering van beeste
tussen R 330 tot- R380 per
maand per dier beloop.
VERSKILLENDE OPSIES
Stroop
Die potensiële boerprys wat
tans realiseerbaar is in die
sentrale Vrystaat is in die orde
van R2 000 per ton graan.
Stroop en wegry koste is in die
orde van R320 per hektaar.
Die oesreste kan vir ongeveer
1,5 beeste voer voorsien vir
een maand. Die oesreste kan
tussen sowat R280 tot R450 per
hektaar genereer afhangende
die tipe dier in terme van die
potensiële waardetoevoeging
tot die diere. Deur te stroop
en die oesreste te benut kan
daar tussen R1 980 en R2 130
per hektaar gerealiseer word.
Laat die land vir winterkos
Hierdie opsie word oorweeg
indien geen verdere kostes
aangegaan wil word nie. ‘n Land
met een ton graanopbrengs
behoort nagenoeg drie beeste
vir een maand van voer te
voorsien, met inagneming
van landverwering. Indien
die potensiële massatoename
verkoop sou kon word,
sou ‘n inkomste van tussen
R650 en R1 1 \