Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 57

••• R UB R IE K FOTO: LEEF DAAR IS ALTYD REDE OM TE HOOP! MILANIE VOSLOO VOEL JY SOMS SKAAKMAT MET DIE LEWE? IN JOU VERHOUDINGS? MET JOUSELF? J are gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar ’n skildery met die titel “Skaakmat”. Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy teenstander se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as ’n jong man, sy kop gebuig in vernedering: hy’s verslaan en verslae! En die Satan lag oorwinnend. Daar is ’n paar skaakstukkies op die bord oor en die woord “Skaakmat” is oor die skildery geverf. ’n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel.  Vir lank staan hy na die prent en kyk. En toe... skielik begin hy uitroep: “Dit is ’n leuen, dis ’n leuen!” Ander mense in die galery het kom kyk wat aangaan. “Wat is die leuen?”, vra hulle terwyl hy die woorde bly skree. Toe die kurator van die museum opdaag, wil hy uiteraard weet: “Meneer is hier ’n probleem?” Die man kyk die kurator in di