Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 47

••• N UUS Hoe maak ek my JACO KRUGER JAGGEWEER MEER AKKURAAT DAAR IS BAIE VAN ONS SKUTS DAAR BUITE WAT NIE BELANGSTEL IN HERLAAI OF OM KOMPTEREND OP DIE SKIETBAAN MEE TE DING NIE. HULLE SKIET GEREELD ONGEDIERTES OP DIE PLAAS EN JAG ELKE JAAR VIR BILTONG. SY BOKKE VAL ELKE JAAR, MAAR HY WENS SY ROER KAN SO BIETJIE MEER VOORSPELBAAR EN AKKURAAT WEES. H y weet hy het vir die dier se blad gemik, maar het die punt bietjie hoog of bietjie laag getref. Dit is gewoonlik ‘n verrassing tot hy die bok van nader beskou. Kom ons kyk na n paar maniere om jou jaggeweer meer akkuraat en voorspelbaar te maak.Ons neem aan ons skut skiet met betroubare, bekende handelsmerk ammunisie. KOM ONS BEGIN BY DIE HEEL MAKLIKSTE Maak jou jaggeweer gereeld skoon. Die beginsel is hoe skoner die loop hoe beter skiet hy (meer akkuraat). ‘n Vuil loop het twee komponente in naamlik koolstof (carbon) wat ontstaan van die dryfmiddel wat ontbrand en koper wat afgee van die punt wat deur die loop versnel. Maak seker, as jy jou geweer skoonmaak, dat jy albei die elemente aanspreek met jou skoonmaakmiddels. Onthou die grootste fout wat gemaak word is om die chemiesemiddels nie kans te gee om hul werk te doen nie. Gee genoeg tyd vir die chemiese reaksie om plaas te vind. MAAK SEKER JOU TELESKOOP MONTERINGS IS VAS Dit klink vanselfsprekend, maar baie van ons het al met rooi gesigte gesit as ons agterkom die monterings is los en daar is regtig niks fout met ons geweer nie... Maak voor elke jagtog seker die teleskoop monterings is behoorlik vas. Die volgende twee wenke vir akkuraatheid moet deur ‘n goeie geweersmid verrig word. Hierdie is krities vir meer akkuraatheid en voorspelbaarheid. LOSMAAK VAN LOOP (FREE FLOAT) Die geweerkolf moet losgemaak word van die loop (die engelse praat van free float). Dit beteken die loop moet nêrens aan die kolf raak nie. Enige raakpunte moet verwyder word. As die skoot afgevuur word, bring dit mee dat die natuurlike frekwensie van die loop nie verander word nie. Saam met die proses moet die aksie gepak word. Dit beteken dat daar ‘n bed vir die aksie binne die hout gepak word met ‘n middel wat hard word en die vorm van die aksie aanneem. Sodoende kan die aksie nie skeeftrek met bv. hitte of koue nie. KROON VAN DIE LOOP Die kroon van die loop moet jaarliks nagegaan word vir enige foute. Ek het al met my eie oë gesien hoe halveer ‘n geweer se groepering deur net die kroon oor te sny. Wat is die kroon? Aan die voorkant van die loop waar die punt die loop verlaat is die kroon. Met baie skote deur die loop of deur die loop voor te stamp word die kroon beskadig. Meeste boere ry met die geweer in die bakkie en die kroon word gereeld gestamp.Vat jou geweer na jou geweersmid toe en vra dat die kroon oorgesny moet word. Hoekom is dit belangrik? As die kroon beskadig is en nie meer konsentries is nie kan die gasse wat die loop verlaat, dit nie eweredig doen nie en die punt word beïnvloed. Volg hierdie wenke en julle sal beslis ‘n meer akkurate en voorspelbare jaggeweer hê. Volgende keer gaan ons kyk hoe om patroondoppe te klas en meer konstant te maak. Jaco Kruger het sy nasionale kleure in bankrus skiet verwerf. Hy het sy land by verskeie wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Hy is ook n aktiewe SA Jagters lid Hy is tans werksaam by Hinterland Wapenafdeling. Sy kontaknommers is 018 464 7610 of 0760626533. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 45