Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 41

D RUPPE L S O P D IE DA K ••• Die kaart regs dui die kumulatiewe seisoenale reënval oor Suid Afrika as ‘n % van die langtermyn kumulatiewe reënval aan. Groot gedeeltes van Suid Afrika het onder gemiddelde reën hierdie seisoen ontvang. Die droë gedeeltes kan maklik uit die kaart afgelei word. Soos reeds vermeld, het die reën in variërende donderbuie voorgekom en wissel die toestande oor kort afstande. Meegaande foto’s is van mielies in die Viljoenskroon-distrik geneem. In die eerste geval het die mielies klaar bestuif en beskik dit steeds oor ’n uitstekende potensiaal. In die tweede geval kon die mielies nie eers bestuif nie en het dit voor die tyd afgesterf. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Met die skrywe van die artikel gedurende die eerste week van Februarie is daar redelike groot gedeeltes van die somer-gesaaides wat tans erge stremming toon veral in die sentrale en westelike gedeelte van die somer-saaigebied. ‘n Groot gedeelte van die Suid Afrikaanse mielie-oes gaan deur die Februariemaand se reënval gemaak of gebreek word, omdat die HOE POTENSIAAL MIELIES IN DIE VILJOENSKROON DISTRIK. VERDROOGDE MIELIES IN DIE VILJOENSKROON DISTRIK. grootste gedeelte van die oes gedurende Februarie in die bestuiwingsproses gaan wees. Medium voorspellings dui egter nie ‘n baie goeie kans vir goeie reënval aan nie. Ons hoop, bid en vertrou egter dat die uitkoms naby is. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 39