Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 40

••• DRUPP E LS OP D IE DA K Wat ons gedurende Januarie vanjaar ondervind is tipies van ‘n El Nino tipe seisoen. Onderstaande Figuur dui die stand van die SOI aan. Dit is volgens algemene norme nie ‘n baie sterk El Nino nie, maar sy effek word wel op bepaalde plekke duidelik gevoel. Die SOI is konstant negatief vir die afgelope vier maande. Wat verder negatief op die somerreënval inwerk is dat daar reeds drie tropiese siklone en een tropiese storm in die omgewing van Madagaskar ontwikkel het die afgelope maand en ‘n half. Die tropiese siklone “steel” die vog uit die binneland van Suidelike Afrika en dit dra verder by tot laer as normale reënval in veral die westelike binneland van Suid-Afrika. Op hierdie stadium is daar gelukkig geen tropiese-storm of sikloon in die betrokke gebied nie. 38 Onderstaande kaart dui die % wat die kumulatiewe reënval, tot en met die eerste week van Februarie uitmaak, van die lang termyn Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario kumulatiewe reënval vir die dienooreenkomstige periode oor die tradisionele Senwesgebied. Die droë kolle kan duidelik waargeneem word.