Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF AS MENS SE MOED SOMS WENS EK MENS KON MOED IN ‘N WINKEL KOOP. SOMMER SO VAN DIE RAK AF. R450 SE MOED VIR DIE MAAND – AMPER SOOS ‘N KRAGKOEPON VIR DIE SIEL. D an sou ek verseker toegesien het dat ons produsente vandeesmaand gratis koepons in Scenario gekry het. Ek sou veral graag die gawe van moed wou versprei wanneer die wind warm waai en die aarde verskroei. Wanneer die wolke donker saampak en die weer dreun, maar nie ‘n druppel op die aarde val nie. Ek verfoei sulke ekstories. Maar gun my die kans – die een keer. My pa het geboer. Ek was klein en die lande in die Haaskraal-distrik het soos ‘n geel kombers vrolikheid gelyk. Die sonneblomme het hoog gestaan. Mooi groot koppe wat gulsig die sonlig ingedrink het. Dit was vir my die mooiste mooi. Ek onthou my pa was trots. En toe kom die hael. Een storm en net die vernielde, gekneusde blare wat later bruin in die son verdroog het, het oorgebly. En ek onthou ek het gevoel ek het iets verloor. Iets mooi. Maar my kinderhart was te dom om 2 hoofredakteur Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] min raak te verstaan wat die prys van daardie misoes werklik was. Ek onthou my pa het oesversekering gehad. Maar daar was steeds ‘n verslaenheid. ‘n Magteloosheid teen die mag van die natuur. Mag diegene wat oes, die voorreg en genade besef. Vir diegene wat dalk reeds lankal hul drome tot ‘n hoop kuilvoer moes versnipper – hou moed. Die gety draai altyd, altyd weer. Wie sou ooit kon glo Brent ru-olie sou onder die $50-vlak daal? Lees meer hoe dit jou sak en boerderybegroting kan raak. Basislink bring verdere hoop dat ons landboubedryf groei – nie net fisies nie, maar ook met die tegnologiese vooruitgang. Vir diegene wie se graan geil staan... Senwes Grainlink is gereed om graan te ontvang en implimenteer reeds die seisoen maniere om jou omdraaityd by die silo’s te verminder. Die ontvangs van natter graan is ‘n pluspunt en die groot silo’s is gereed om beurtkrag ‘n bloedneus te slaan. Leer ken Senwes Sekretariaat en Regsdienste en leer die kundiges by Landboudienste ken. Neem deel aan een van ons kompetisies of geniet net ons rubriekskrywers se kos vir die siel. redakteur Nicolize van der Walt Tel: 018 464 7449 [email protected] advertensies Mariette Hugo Tel: 018 464 7505 [email protected] ontwerp en uitleg Jakolien Strydom Tel: 018 464 7483 [email protected] medewerkers Thys Grobbelaar, Johan du Toit, Ramonde Odendaal, Willie Louw, Jenny Matthews, ds Willie Botha, Marlon Abrahams, Johan le Grange en Gerrit Oosthuizen. subskripsie Marie Erasmus Tel: 018 464 7568 Faks: 018 464 7772 [email protected] eienaar Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570 Tel: 018 464 7800 drukwerk Colorpress Tel: 011 493 8622 • • Nicolize van der Walt REDAKTEUR Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.