Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 39

D RUPPE L S O P D IE DA K ••• DIE WAG OP REËN... THYS GROBBELAAR T ot en met die einde van Januarie het die reënval redelik soos die langtermyn-prys verloop en was ons almal baie positief. Ons het wel met relatief droë grondprofiele begin. Reën was dus van kardinale belang teen die einde van Januarie om aan die bestuiwende somergewasse se vogbehoefte te voldoen. Veral die westelike en sentrale gedeelte van die Vrystaat se reënval was egter vêr onder normaal. Die oos- en DIS NAELBY T VIR REËN EN ‘N GOEIE OES. DIE AFGELOPE SEISOEN HET EFFENS LATER AS NORMAAL BEGIN MET MIN REËN GEDURENDE DIE LENTE EN DIE EERSTE GOEIE REËN GEDURENDE NOVEMBER. DIE SOMER-OES IS OOK EFFENS LATER AS NORMAAL GEPLANT, MAAR WEL EFFENS VROEËR AS DIE VORIGE SEISOEN. noordoostelike-gedeelte van die somerreënval-gebied het nog betreklik normale reënval ontvang. Wat tans ondervind word is dat gewasskade reeds oor dele van die sentrale Vrystaat en gedeeltes van Noordwes voorkom. In sekere gevalle is van die mielies alreeds as kuilvoer-mielies afgesny. Die reënval van hierdie seisoen word gekenmerk aan donderstorms wat baie variërend voorgekom het. Dit het gevolg dat die toestand van somergewasse oor kort afstande in ‘n gebied drasties kan varieer. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 37