Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 37

R UB R IE K ••• VERSEKERING frustrasie - vir die versekerde wees. Selfs egter in geval van totale verlies, bv. ‘n huis wat afbrand, sal die versekerde nie in dieselfde posisie geplaas kan word as vóór sy eis nie. Dit is dus duidelik dat dit uiters belangrik is dat versekerdes hul bates teen die korrekte vervangingswaarde verseker. Dit is ook belangrik om daarop te let dat, aangesien iemand anders nie altyd die kwaliteit van items kan beoordeel nie, dit die versekerde se verantwoordelikheid is om daardie vervangingswaarde te bepaal. Sommige Versekeraars voorsien weliswaar jaarliks riglyne vir boukoste vir plaasgeboue aan die Makelaars wat gebruik kan word om versekerdes te adviseer. Dit is egter slegs riglyne en is slegs die versekerde self bewus van die kwaliteit van afwerking aan byvoorbeeld sy woonhuis, soos marmer teëls, goue krane, ens. Dit word ook aanbeveel dat versekerdes jaarliks ‘n inventaris maak van die totale inhoud van sy woonhuis of stoor, veral ook om tred te hou met aankope deur die jaar. Hieruit volg dit ook dat sou ‘n versekerde deur die loop van sy versekeringsjaar ‘n duursame item aankoop wat ‘n beduidende effek op sy versekerde bedrag sou hê, bv. ‘n plasmaskerm TV ter waarde van R30 000.00, moet sy Makelaar/Adviseur in kennis gestel word sodat sy versekerde bedrag dienooreenkomstig aangepas kan word (verwys ook Kennisgewing van Veranderings soos bespreek in deel 3. Dit is dus weereens duidelik dat - soos ook in ooreenstemming met regeringsdoelwitte - deursigtigheid altyd van kardinale belang is. Navrae kan gerig word aan Louw by 018-6331205 of willie.louw@ certisure.co.za of by u naaste Certisure Makelaar. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 35