Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 32

••• HAND E LSN U U S THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: FEBRUARIE 2015 UITKOMS VIR SOMMIGE TE LAAT INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE Die Amerikaanse mielieprys het redelik die normale prys tendens gevolg die afgelope bemarkingsjaar, met ‘n piek gedurende planttyd en ‘n laagtepunt ten tye van hulle stroopproses. Die mielies het soos normaal gedurende Oktober begin styg nadat die sogenaamde stroopdrukte verby was. Teen Desember 2014 het die prys redelik skerp begin te daal. Die hoofredes is tweërlei naamlik die sterker wordende 30 Dollar en die verlaging in die internasionale ruolieprys. Die Amerikaners gebruik reeds 33 % van hulle beskikbare mielies vir die produksie van etanol. Dit is ongeveer 131 miljoen ton mielies. Onderstaande grafiek dui die lang termyn asook die afgelope produksie seisoen se prysverloop aan. In die geval van mielies het die prys eers skerp begin daal toe die ru-olieprys onder die $50/vat begin gedaal het. Etanol verwerkingsaanlegte Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario het toe die ru-olieprys teen $50/vat beweeg het gelyk begin breek en teen $46/ vat het die meeste aanlegte begin verliese te maak. Etanolproduksie het begin daal en etanol voorrade het begin styg. Nieteenstaande die 20 % etanol mandaat wat die Amerikaanse regering ingestel het, is dit net nie volhoubaar om etanol teen ‘n verlies te produseer nie. Die ru-olieprys het egter weer begin herstel en beweeg tans in die omgewing van $55/ vat. Die OPEC lande het toe gelaat dat die prys so daal om onder andere van die kleiner produsente uit die mark te kry. Verskeie aanduidings is dat die ruolieprys kan herstel na $70/ vat wat die internasionale mielieprys kan ondersteun.