Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 - Page 25

N UUS Matlosana-distrik, te betrek. Tydens die toernooi ding o.13 spanne uit verskillende streke teen mekaar mee. Die skole vanuit dié verskeie gebiede se seuns- en meisiespanne ding onderling mee waarna die wenners van hierdie uitdunne deurgedring het na die toernooi wat in die Kgotsong Stadion op Bothaville gehou is. Die agt skole wat deurgedring het, was: MEISIES: • Boikutlo Primary School – Wesselsbron-omgewing • Itokisetseng Primary School – Orion(Wesselsbronomgewing) • Tataiso Primary School – Bothaville-omgewing • Hata Butle Primary School – Stilfontein-omgewing ••• JOE MASWANGANYI, WISHING THE PLAYERS WELL SEUNS: • Letlotlo Primary School – Bothaville • Itokisetseng Primary School – Orion (Wesselsbron) • Bakang Primary School – Hartbeesfontein • Letsibolo Primary School – Wesselsbron Na ‘n uitspeelwedstryd in die meisieskategorie tussen Hata Butle Primary School en Tataiso Primary School het Hata Butle met een punt as wenner uit die stryd getree. Letsibolo Primary School het Bakang Primary School laat les opsê toe hulle die uitspeelwedstryd vir die seunskategorie met een punt gewen het. Elke span het ook ‘n dream bag ter waarde van ongeveer R6 500 van Senwes ontvang wat verseker het dat al die spelers die dag ook in splinternuwe sportdrag kon uitdraf. Dié sakke het ondermeer klere, sokkerstewels, balle en handskoene in. SENWES SENWES Scenario Scenario • Februarie/Maart • Maart/April 2015 23