Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 24

••• NUUS LADUMA vir Senwes sokker MEER AS 240 LAERSKOOLKINDERS KRY JAARLIKS DIE KANS OM HUL SOKKERVAARDIGHEDE TE ONTWIKKEL EN HUL DROME TE BEWAARHEID DANKSY ‘N SOKKERTOERNOOI WAT DEUR SENWES AANGEBIED WORD. FOTOS: MARLON ABRAHAMS H ierdie projek is in 2009, as uitbreiding van die maatskappy se betrokkenheid by atletiek-, rugby- en krieketontwikkeling, begin om terug te ploeg in die gemeenskap in die vorm van sportontwikkeling. Die projek het ook al ‘n nasionale speler opgelewer: Vuyo Mantjie, wat deel was van die oorspronklike 22 Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario toernooi in 2009 en verlede jaar gekies was vir die o.17 nasionale sokkerspan. Die program, wat as die Senwes Skolesokker bekend staan, het in die gees van die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi, afgeskop en vanjaar uitgebrei om sodoende vier skole in die Wesselsbron-omgewing, sewe skole in die Bothavilleomgewing, drie plaasskole in die Nala Munisipaliteitdistrik en al die laerskole in die