Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 6

NUUS| NEWS Senwes Kersboodskappe D ie jaar 2018 sal sekerlik onthou word as die jaar sedert 1994 met die grootste politieke en finansiële uitdagings. Dit is feitlik onmoontlik om nie terug te dink aan een dag in 2018 waar daar nie ‘n nuwe uitdaging en nuwe skokkende onthullings op ons pad gekom het nie. Ons is telkens uitgedaag deur ekstreme dinge. Onder hierdie omstandighede sou ons klantebasis aan die een kant van die besigheid, ons boere en produsente, die fokus geword het van alles wat die afgelope vorige 100 jaar sedert 1913 rondom grond verkeerd gegaan het. Hulle moet nou daardie blaam dra. Ten spyte daarvan kon ons klantebasis aan die produksie­kant dit steeds regkry om ‘n 17,2 miljoen ton oes en daarna ‘n 13 mil- joen ton mielie­oes met lae internasionale kommodi­teitspryse en natuurlik geen sub- sidies van die regering nie, af te lewer. Hiermee saam kon hulle ook wat ander proteïen- en veselbronne aanbetref, sorg dat die Suid-Afrikaanse bevolking van 57 miljoen mense bekostigbare, voldoen­de en veilige voedsel kon hê. Dit is ‘n merk- waardige prestasie. Daarbenewens kon hulle ook vir 65% van die 250 miljoen mense in die SAOG sorg en kon hulle nog steeds in dié twee jaar ook voldoen­ de produseer sodat ons mielies, vesel en vleis kon uitvoer - ‘n merkwaardige prestasie. Om in hierdie politieke klimaat vorentoe te kyk, is ‘n besonderse uit- daging. Ek self het baie moed daarvoor omdat ek weet, soos vorige geslagte, dat ook hierdie geslag toegerus is om hierdie uitdagings te hanteer. Dit gaan nie net oor die vaardigheid van beide ons klan- tebasis aan die produksiekant en aan die verwerkingskant nie. Dit gaan ook nie net 4 M oor hulle kapasiteit en ver- moë nie, maar dit gaan ook oor hulle wil en houding en ook veral oor hulle geloof - die feit dat hulle nie net goed doen omdat dit ‘n inkomste tot gevolg het nie, maar ook omdat daar ‘n vaste motivering is, ‘n rede hoekom hulle goed doen. Ek wil u alles van die beste toewens vir Kersfees 2018. Mag u saam met u gesin en u geliefdes ‘n kort rustydjie geniet. Mag u werklikwaar ook vervulling in u geloof vind. Dan wil ek ook net die beste vir u vir 2019 toewens. Dankie dat u Senwes en Senwes se personeel ondersteun en baie dankie dat u ook in die sektor u kant bring. Doen wat u moet doen om ook daardeur ‘n bydrae tot die gemeenskap en ook tot die groter land te kan maak. Ek het baie respek vir julle wat volhoubaar in die voedselwaardeketting werk - dit is werklikwaar iets en iemand om op trots te wees. Senwes kyk met groot verwagting uit na 2019 - ons sal dit maak werk! eteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Luk. 2 : 9 - 11) In Matt. 25 : 1 – 13 lees ons die gelykenis van die vyf wyse meisies en die vyf dwase meisies. Die Bruidegom (Jesus Christus) is vir seker weer op pad. Alle mense is op pad om die Bruidegom te ontmoet. Alle mense raak aan die slaap en alle mense se lampies is besig om dood te gaan, maar kinders van die Here IS gereed, want kinders van die Here het Jesus Christus! Jesus Christus IS die ekstra olie. Mag jy in hierdie Kerstyd gereed wees, omdat jy gereed IS met Jesus Christus in jou hart. Mag jy en al jou geliefdes vir seker weet, “Ek IS gereed, want ek het vir Jesus Christus” Ons is nou nog op aarde: droogte, korrupsie, grondhervorming, swak oeste, diefstal, ens, ens sal altyd deel wees van ons bestaan. Maar in die hier en nou, sal dit ons nie onderkry nie, want ons IS ge­reed vir die koms van die Bruidegom. Mag die vrede en vreugde van God hierdie Kerstyd en die hele 2019 met jou en jou geliefdes wees. Beste groete Francois Strydom Senwes HUB Beste groete Danie Minnaar Senwes Voorsitter SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018