Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 35
GRAIN BROKERS | GRAANMAKELAARS
Tabel 1: El Niño en La Niña jare klassifisering
La Niña
El Niño
Weak
(0.5 to 1°C) Moderate
(1 to 1.5°C) Strong
Very Strong
Weak
Moderate
(1.5 to 2°C)
(>2°C)
(-0.5 to -1°C) (-1 to -1.5°C) 1952-1953 1951-1952 1957-1958 1982-1983 1954-1955 1955-1956 1973-1974
1958-1959 1968-1969 1972-1973 2015-2016 1971-1972 1995-1996 1988-1989
1953-1954
1969-1970
1976-1977
1977-1978
1979-1980
2004-2005
1963-1964
1986-1987
1994-1995
2002-2003
1965-1966
1997-1998
1987-1988
1991-1992
1964-1965
1974-1975
1983-1984
1970-1971
2011-2012
1984-1985
2009-2010
2014-2015
2008-2009
2016-2017
1975-1976
1998-1999
1999-2000
2007-2008
2000-2001
2005-2006
Strong
(<-1.5°C)
2010-2011
`
2017-2018
Bron: GG Weather
Figuur 1: SOI-waardes
Bron: The Long paddock
Figuur 2: Oceanic Niño Indeks (ONI).
klassifikasie maak dit moontlik om vorige
seisoene beter in te deel volgens die tipe
seisoen wat ervaar is, soos opgesom in
Tabel 1.
Teen hierdie agtergrond word dit dan
Bron: GG Weather
moontlik om ʼn verwagting vir die nuwe
seisoen te skep op grond van verskeie
modelle wat die ontwikkeling in see-op-
pervlaktemperature projekteer.
Die gemiddelde verwagte see-opper-
vlaktemperatuur wat tans geprojekteer
word, dui daarop dat dit na raming sowat
0.8° Celsius warmer as normaal kan wees
vanaf November tot Februarie. Per defi-
nisie dui hierdie verwagting op ʼn swak El
Niño gebeurtenis en die waarskynlikheid
van die gebeurtenis word geraam op 70%.
Daar is egter wel ‘n buiteperd om
in ag te neem tydens enige oorweging
wat seisoenale klimaatsverwagting en
gepaardgaande reënval insluit. Hierdie
aspek is die ontstaan en ontwikkeling
van tropiese siklone wat bekend is daar-
voor dat hulle vog oor die binneland van
Suid-Afrika uittrek en die kanse vir reën
negatief beïnvloed. Die oorsaak en meting
vir die ontstaan van hierdie verskynsels
word aangedui deur die Oos-Indiese
Dipool (OID). Indien die OID-waarde
positief word, dui dit op warmer as nor-
male see-oppervlaktemperature langs
die ooskus van Afrika. Hierdie scenario
veroorsaak verhoogde verdamping wat
vog oor die land intrek, waarna hierdie
vog weer oor die Indiese Oseaan uitreën.
Die waarde vir die OID is tans positief,
maar die projeksies vir die OID-waarde
tydens Januarie en Maart 2019 blyk neu-
traal te wees, wat daarop dui dat tropiese
siklone waarskynlik nie ‘n bedreiging vir
reënval sal inhou tydens die kritiese be
stuiwingsperiode nie.
Om saam te vat - hierdie artikel het nie
ten doel om ʼn voorspelling te maak vir die
2018-19 seisoen ten opsigte van reën-
verwagting nie. Die inligting hierin vervat
is gebaseer op werklike historiese reali
sasies van weerverskynsels en getoetste
modelle oor tyd. Die afleiding wat uit die
verwagtings gemaak kan word, is dat
die 2018-19 produksieseisoen waarskyn
lik gekenmerk sal word as ʼn swak El
Niño seisoen. Dit bly egter belangrik om
hierdie verwagting in konteks te evalueer
deur te kyk na die impak van ʼn El Niño
gebeurtenis op opbrengs oor tyd. Hierdie
opbrengsverwagting kan verder gekoppel
word aan reënvalrealisasie tydens soort-
gelyke produksieseisoene in die Senwes
gebied. In die volgende artikel sal daar
spesifiek gekyk word na die impak van ‘n
swak El Niño gebeurtenis.
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018
33