Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 26

NUUS | NEWS allegaartjie RPM’s vir nuwe RPO Vrystaat Voorsitter  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur 90ste verjaardagviering vir dié boerevereniging  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur SENWES EQUIPMENT, CERTISURE EN HINTERLAND was trots om borge van vanjaar se 2018 Hartbeesfontein Boerevereniging Jaarvergadering te wees. Dit is presies 90 jaar sedert hulle Die voorsitter van stigtingsvergadering op 14 Februarie Hartbeesfontein 1928. Tydens die geleentheid het Christo Boerevereniging van der Rheede (Adjunk-Uitvoerende spreek die Direkteur van Agri SA), asook Boeta du gehoor toe Toit (Uitvoerende Hoofbestuurder van tydens hulle 2018 jaarvergadering, Agri NW), hulle toegespreek. 90 jaar nadat Hulle ryk geskiedenis sien jy in die die vereniging voorportaal met foto’s van die eerste tot hulle eerste die laaste voorsitter - John Lemmer, Dick jaarvergadering op Lemmer, Danie Jonker, Piet Hamman, 14 Februarie 1928 John Ferreira, Wernich Lemmer, Basie gehou het. van Aarde, Philip Meiring, André Kilian, Willem Jooste, Frikkie Lemmer en Jaco Maré wat tans die boerevereniging lei. Die verband tussen boerdery en geloof is te bespeur in die stigtingsnotule waar bepaal is dat daar na elke nagmaalsviering ‘n algemene vergadering gehou sal word. Voorsitter Jaco Maré het erkenning aan lede gegee en gesê dat dit ’n riem onder die hart is om die vrouens te verwelkom en noem ook dat geen organisasie sonder lede kan funksioneer. Hy het aangevoer dat dit nou die tyd is om saam te staan - “Indien jy en jou buurman nie vrede het nie, is dit nou die tyd om dit reg te stel.” Van der Rheede het ’n oorsig gegee van die aanloop tot Cyril Ramaphosa se bewind en hoe die landskap in aanloop tot die 2019-verkiesing daar uitsien. Du Toit het die vereniging geprys - “waar mense saamgesnoer was en is.” Beide het hulle geloof waar daar oor hulle sukses gejubel word. “Julle is nie net ’n leidende vereniging in die Noordwes nie, maar ook in Suid- Afrika,” het Du Toit bygevoeg. Hulle leierskap, veral rakende veiligheid, maak hulle ’n voorbeeld vir die hele land. Baie geluk met 90 jaar! 24 DIT HET DIE voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie in die Vrystraat in sy visier, “om dit wat hulle doen, vinniger en beter te doen.” Gielie Nieuwoudt van die plaas Graspan in die Petrusburg omgewing is in September in die rol verkies. Hy sien dit as ’n goeie uitlaatklep, want “jy moet jou deel doen.” Gielie is al vyf jaar op die bestuur van die RPO in die Vrystaat en ook voorsitter van die klanteforum by Hinterland Petrusburg. Hy is ook ’n voormalige voorsitter van die Limousine Bees­ telersgenootskap in Bloemfontein en lid van die Perdeberg Distriksboerevereniging. Hy het ten doel om meer met landboumaatskappye saam te werk. Hy noem dat hulle tot ’n groter mate getransformeer het, omdat 45% van beeste in opkomende produsente se hande is. Hy is geseënd om twee voormalige voorsitters op sy bestuur te hê met André Ferreira en Neels de Villiers, en Neville Raath die vise-voorsitter. Sy motto is “doen dit goed of los dit liewer.” Die 57-jarige boer al 27 jaar en is al net so lank lid by Senwes. “Ek loop al ’n lang pad met Senwes en Hinterland.” Hy is by uitstek ’n beesboer en boer met Limousines, Pinsgauers en Brangusse en het ook Île-de-France skape. Daar is een eienskap wat hom na aan die hart lê, naamlik nederig­heid - om alles tot eer van die liewe Vader te doen. Die pa van twee, Sunet en Mareli, wat 30 jaar met Susan getroud is, is wil ook duplikasie in die stelsel verminder. Gielie is egter bowenal ’n man vir sy vrou en pa vir sy kinders. Petrusburg takbestuurder, Lourens Brand, vertel dat Gielie ‘n tradisionele produsent met tradisionele waardes is. “Hy het ’n mooi manier om verskille te benader.” Stoot die revolusies op Gielie! SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018 Die nuwe voorsitter van die RPO Vrystaat is Gielie Nieuwoudt. Hier is Nieuwoudt by die Hinterland takbestuurder in Petrusburg, Lourens Brand.