Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 24

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL 21 | Voeding en immuniteit van voerkraalbeeste WAT IS DIE INVLOED VAN VOEDING- STATUS OP DIE WEERSTAND TEEN INFEKSIE? Goeie voeding verbeter die weerstand van diere wat onder spanning verkeer. Spanning veroorsaak afskeiding van hor- mone wat immuniteit onderdruk. ’n Goeie voedingstatus stel die dier in staat om die nodig immuunreaksie volgens behoefte te aktiveer en te onderhou. Oor die algemeen het voeding die grootste invloed op die gesondheid van die kalf gedurende die eerste maand op voer en in die besonder diere onder hoë spanning en/of ligte kalwers. Baie diere wat by ’n voerkraal aankom is aan ‘n tekort van ’n aantal spoorminerale onderhewig, veral as die dier direk van ‘n tipiese ekstensiewe natuurlike weidingstelsel afkomstig is. Daaglikse rantsoene moet met voldoende spoorminerale en vita- mienes aangevul word. Hoër as normale konsentrasies van hierdie voedingstowwe met aankoms kan vir die verlaagde vrywil- lige inname van voer gedurende hierdie periode vergoed. Na die beeste van die spanninggeïn- duseerde immuunonderdrukking herstel het en by die aanvanklike voer aangepas het, sal normaal gebalanseerde voer genoegsame voedingstowwe voorsien om aan die behoefte van die immuunfunksie te voldoen. Met aankoms by ’n voerkraal moet die stimulasie van ‘n smaaklike (hoogsverteer- bare) voerinname en waterinname as prio­ riteit gesien word. Daar is weinig voordeel om duur voedingstowwe en/of produkte by ‘n onsmaaklike voer te voeg. Navorsing het aangetoon dat dit tot ’n week kan duur voordat al die diere in ’n kraal konstant elke dag voer inneem. Ligte kalwers toon die eerste twee weke ’n voerinname van slegs 1,5% van lewendige massa. Enige poging om die voerinname na aankoms te bevorder, verkort die periode wat die immuun­stelsel geaktiveer moet bly. WAT IS OPTIMALE IMMUNITEIT? Die optimale immuunreaksie is een wat die kortste duur, laagste intensiteit het en die patogeen suksesvol uitskakel. Die immuunstelsel moet so min as moontlik geaktiveer word met ’n skoon en veral droë omgewing. Verlaagde spanning kan produktiwiteit verhoog, selfs in die afwe- sigheid van ’n siektetoestand. In gesonde diere is daar ‘n metaboliese keuse tussen groei en immuniteit – beide kan nie terselfdertyd voorrang geniet nie. In teenstelling met ‘n aangepaste voer- kalf, is die voerkalf onder spanning in ’n nadelige situasie deurdat groei deur die voedingsaanvraag van immuunaktiwiteit (inenting en/of siekteblootstelling), reaksie op eksterne spanning en herstel van kort- termyn voedingstoftekorte benadeel word. Die aangepaste of gesonde kalf het die potensiaal om op sleutel voedingstowwe te reageer wat immuunreaksie ondersteun en wat betekenisvolle beter groei en verbeter- de immuniteit, indien nodig, sal toon. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] 22 SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018