Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 23
AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
is hoekom net ’n sekere persentasie van
diere simptome toon terwyl al die diere aan
die betrokke infeksie blootgestel was.
WAT IS DIE VOEDINGSBEHOEFTE VAN
DIERE ONDERHEWIG AAN SPANNING?
Beide akute (onmiddellike) en uitgerekte
(twee tot sewe dae) spanning beïnvloed
diere nadelig, maar dit is laasgenoemde
wat die dier meer vatbaar vir infeksie
maak. Omstandighede wat spanning vir
diere veroorsaak is hantering, vervoer,
fisiese trauma, uitputting, vastoestande
van beide voer en water, ongewone omge-
wing, vreemde ander diere, ensovoorts.
Hormone soos kortisol, adrenalien, nor-
adrenalien aldosterone, beta-endorfiene
en enkefalien word gedurende spanning
afgeskei. Hierdie geïnduseerde hormone
wat die metabolisme van die diere beheer
en verander, onderdruk die immuunstelsel
deur kritiese voedingstowwe uit te put wat
vir ‘n effektiewe immuunreaksie nodig
is. Kroniese spanning het ‘n wesenlike
invloed op hierdie prosesse deurdat
metaboliese weë van anaboliese (groei)
na primêr kataboliese (afbreek van
proteïene en vet) verander word.
WAT IS DIE EFFEK VAN SIEKTES OP
DIE VOEDINGSTATUS?
Infeksie gee aanleiding tot ’n opeenvol-
ging van metaboliese reaksies wat die
voedingstatus van die diere beïnvloed.
Voerinname verlaag tipies met meer as
50% by beeste met respiratoriese infeksie
en koors, wat tussen 10 en 14 dae neem
om na normal terug te keer. Gedurende
hierdie tyd verhoog die behoefte van
feitlik al die voedingstowwe, al word die
voeding van groei na immuniteit verander.
Proteiene moet vir die immuunreaksie,
ontwikkeling en opklaring van koors asook
die herstel van sel- en weefselskade, ver-
vaardig word. Verder vind ’n verhoogde
verlies aan belangrike minerale soos mag-
nesium, kalium, fosfaat en sink plaas.
Die hoof ekstrasellulêre elektroliete,
natrium en chloried word ook deur die
hormonale verandering beïnvloed. Urinêre
uitskeiding van sout verhoog gewoonlik
tydens ‘n periode van infeksie en wat tot
dehidrasie aanleiding kan gee. Die lig-
gaam sal dan reageer deur liggaamsoute
en water terug te hou. Diarree kan direk
tot die voorkoms van natrium-, chloried-,
kalium en bikarbonaatverlies in die mis
aanleiding gee.
Dit blyk of die immuunstelsel ’n priori
teit bo voedingstowwe vir groei het. Dit
word ’n duur proses indien immuniteit
geaktiveer word. Voedingstowwe wat
vir immuniteit nodig is, is nie vir groei of
produksie beskikbaar nie en sal die groei
tempo sowel as voeromsetting nadelig
beïnvloed. Uitermatige immuunreaksie
vermors nie net voerbronne nie maar kan
ook permanente selskade en lae produkti-
witeit veroorsaak.
22
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018
21