Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 20

NUUS| NEWS Klink ’n glasie op garsprodusente Landboujoernaliste is onlangs deur SAB na Hartswater en omgewing genooi om die 2018 SAB Hartswater Besproeiingstoer mee te maak en hul boeredag by te woon. Talle Senwesters en van ons produsente was ook teenwoordig.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur G TOEKENNINGS arsprodusente het behoo- rlik gepronk in Hartswater toe SAB produsente in die besproeiingsgebiede met verskeie toekennings vereer het. Die groot toekenning as kommersiële garsprodusent van die jaar is aan Senwes produsent Dewald Dempers van Dewald Dempers Boerdery oorhandig, op wie Senwes Scenario ook in 2015 gefokus het. Die opkomende garsprodusent van die jaar was Vivian Seboko en Louis Olivier is vereer vir sy lewenslange bydrae tot hierdie bedryf. Sy seun GP Olivier het die toekenning namens hom ontvang. Idstone Farming se Frank Lawrence is ook vereer vir sy beduidende bydrae as produsent. Die toekennings is deur SAB se Josh Hammann (Direkteur: Landbou-ontwikkeling in Afrika) en David Hauxwell (Vise- President: Verkryging in Afrika) oorhandig. OPKOMENDE PRODUSENTE Tydens die toer was daar ook geleent­heid om ‘n paar opkomende produsente te besoek. Een van hulle was Richard Segwai in die Taung area. Hy vertel dat elkeen op sowat 10 hektaar produseer, sommiges op 7,5 hektaar. Hy noem dat hulle graag ‘n wins wil maak maar dat hulle te min grond het om die doelwit te bereik. Die voltydse landboukundige hier is Johannes Kokome 18 en volgens hom plant hulle gars so van die einde van Junie af, afhangende van die tipe kultivars wat hulle ontvang. Hulle lewer aan die nabygeleë Senwes silo’s by Magogong, Hartswater en Jan Kempdorp. Hartswater is die kern van die garsbe- sproeiingsgebied waar 60 000 ton gars vir SAB geproduseer word, 7 000 hiervan deur opkomende produsente. Ben Wolhuter, landboukundige en pro- jekbestuurder by Farmsol in die gebied, vertel dat hulle sowat 108 opkomende produsente het wat gars lewer. Hulle help produsente in Rethuseng, Boselee, Tshidiso en Pudumue wat deel van Taung vorm. Die innoverende gedeelte is dat hulle studies hier doen om te kyk hoe die ver- skillende kultivars presteer. Van die uit- dagings wat hulle in die gesig staar is die grootte van hulle grondgebied, besproei- ingspype wat opgegradeer moet word, beskikbaarheid van water asook diere wat hulle lande binnekom. Volgens Cynthia Funde, die publieke belang verbintenisbestuurder by SAB, is hulle doel om juis die aantal opkomende produsente te laat groei. Wolhuter noem dat die gebied perfek is vir hulle om ken- nis op te bou, maar die min beskikbare grond is 'n beperking. Hier word sowat 1 124 ha gars geproduseer. Gawie Kotze, SAB landboubestuurder in besproeiingsgebiede in Suid-Afrika, noem dat hulle proef om 100 tot 180 pitte per m² te plant en “werk met pitte per m² eerder as pitte per m² want die grootte Senwes produsent Dewald Dempers ontvang sy toekenning vir Kommersiële garsprodusent van die jaar by SAB se Josh Hammann (Direkteur: Landbou- ontwikkeling in Afrika) en David Hauxwell (Vise-President: Verkryging in Afrika). Opkomende garsprodusent van die jaar, Vivian Seboko, ontvang haar prys by SABBI se Josh Hammann (Direkteur: Landbou-ontwikkeling in Afrika) en David Hauxwell (Vise-President: Verkryging in Afrika). en gewig van die pitte verskil”. Gars kan verder uitmekaar as koring geplant word want gars stoel baie meer as koring en het meer are per plant. Baie geluk aan al die produsente in die gebied! Julle is waarlik ambassadeurs van die garsbedryf! SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018