Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 10

NUUS| NEWS Plaasaanvalle is nie ‘n liggewig saak nie Mediaberigte het weer die kollig geplaas op die wreedaardig­ heid van plaasaanvalle en dit bly ‘n omvattende taak om boere en plaaswerkers te help beskerm. Radio-, kamera- en hommeltuigteg- nologie word nou proaktief ingespan. Met die implementering van tegnologie is boeregemeenskappe besig om terug te baklei.  Deur AgriSecuritas D ie gemeenskappe is nie net betrokke by die prosesse en strukture van die Landelike Beveiligingstrategie nie, maar is daadwerklik besig met die implementering van nuwe inisiatiewe. Kreatiewe en oplos­ singgedrewe ingesteldheid is die dryfkrag agter suksesvolle implementering hiervan om ‘n veiliger leef- en werksomgewing te skep. Enige plaasaanval is traumaties, maar wat positief is, is die pogings wat mense en organisasies soos Agri SA en die AgriSecuritas Trustfonds aanwend om die te help. Weerstand teen plaasaanvalle is ‘n faktor wat ‘n groot deel van die bevol­king saambind. Meer as 12 500 plaasaanvalle oor ‘n tyd- perk van 19 jaar en ‘n moordsyfer van meer as 1 700 oor die tydperk, spreek boekdele van die misdaadaanslag op boere en plaaswerkers. Dit maak van plaasaanvalle en die effek op landbou nie ‘n liggewig saak nie en bly dit ‘n prioriteit vir Agri SA. Daar word ‘n premie op landbou-ontwikke- ling en werkskepping deur die Nasionale Ontwikkelingsplan op die landbousektor geplaas, wat slegs kan plaasvind in ‘n veilige omgewing. Landelike misdaad is omvangryk en maak dat oplossings raken­ 8 de beleid, samewerking, paraatheid en effektiewe polisiëring gesoek moet word. Die AgriSecuritas Trustfonds is een van die instrumente wat in die praktyk op ‘n prak- tiese wyse ‘n bydrae maak. Dit bly moeilik om te verduidelik dat Agri SA en die AgriSecuritas Trustfonds alles moontlik in werking stel om die veilig­ heidsituasie te verbeter. Die skakeling se doel is om ‘n beter basis daar te stel om die fenomeen van landelike misdaad beter te hanteer. Voortgesette skakeling met veilig­ heidsrolspelers op regeringsvlak vind ger- eeld plaas, maar kan op plaaslike vlak ver- beter. Sommige van Agri SA se provinsiale affiliasies vind dit moeilik om op ‘n volge- houe basis konstruktiewe skakeling te be­­ werkstellig en dit maak die toepassing van beleid, strategieë en prosesse moeiliker. Daarom beywer die AgriSecuritas Trustfonds hom vir ‘n veiliger landelike omgewing deur beveiligingsprojekte op boere­verenigingvlak te ondersteun wat hiertoe sal bydra. Projekte is gerig op voorkomende maatreëls asook nasorg. Dit sluit in bystand vir kommunikasienetwerke, kamerastelsels, logistieke behoeftes, val- hekke en verskaffing van traumaberadings- dienste. Die Trustfonds is ook betrokke by ‘n inisiatief van Agri SA om oor die langtermyn op ‘n gestruktureerde wyse aandag te gee aan ‘n onderliggende persepsieprobleem wat bydraend tot die onaanvaarbare hoë SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018