Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 4

ALGEMEEN RUBRIEK Uit die Woord Dis Kersfees en 110… D ie ouer mense het altyd gesê dat tyd vlieg. Ek het hulle nie geglo nie, maar begin nou wel glo dat tyd se minuut- en sekondewysers wel saamwerk en die vermoë het om twee vlerke te vorm, die hemelruim in te vaar en blitsvin- nig te kan vlieg. Kan julle dit glo? Ons is alweer aan die einde van nog ‘n jaar. In die volgende tydperk vier landbou en Senwes twee mylpale. Kersfeestyd is tradisioneel die tyd wanneer ons geestelik ons voorraadopname doen en net weereens besef Wie vir ons sondes gesterf het sodat ons kan vry wees en letterlik vooruit kan vlieg om ons doelwitte tot eer van Hom na te streef. Nog ‘n tyd van feesviering in die volgende paar maande is Senwes se 110de bestaansjaar op 15 Mei 2019. Tyd vlieg verseker – net nou die dag het Senwesters die eeufeesvieringe met ‘n makietie in 2009 gevier. En dit was 10 jaar gelede. Vir sommiges kan dit soos gister voel. Vir interessantheid: Desember, die twaalfde maand van die jaar op die Gregoriaanse kalender, kry sy naam decem van Latyns, want dit beteken tien omdat dit oorspronklik die tiende maand van die jaar was. Dit was voordat Januarie en Februarie later bygevoeg is. Dit is ook interessant dat op die Ierse kalender word Desember as Mí na Nollaig weergegee, wat letterlik ‘die maand van Kersfees’ beteken, met Christene wat Jesus se geboorte op 25 Desember herdenk. Geseënde Kersfees en voorwaarts mars na 110 jaar. Hoe kan Kersfees innoverend wees? Ds. Willie Botha ’N PAAR JAAR gelede het ek die voorreg gehad om by ’n paar huise vol Kersversierings besoek af te lê. Nie maar net ’n blink lint hier en daar en miskien ’n Kersvader en ’n ster nie. Vir dié mense was dit ’n groot trots, ’n jaarlikse gebeurtenis waarop telkens verbeter word. Kriptonele, wyse manne, Kersmusiek, engele, singende, pratende, dansende Kersvaders. Keurig uitgelê sodat die honderde mense wat voor Kersfees daar besoek aflê, geïnspireerd daar weggaan. Innovasie is tog om nuut te dink, om kreatief met jou werk- likheid om te gaan. In die sakewêreld het innovasie met die herontdekking en herdefiniëring van die konsep te doen. Die Sigmoid-kurwe is maar een van die bekende illustrasies hoe ’n onderneming voortdurend innoverend moet dink. Maar hoe kan Kersfees innoverend wees? Om hierdie vraag te antwoord moet ons dalk dieper in die Christelike geloof self delf. Een van die belangrikste sake wat ons oor die Heilige Gees bely, is dat die Gees ons geloof versterk. Verder weet ons dat die Heilige Gees ook uniek (innoverend) in elke individu werk. Die doel van Jesus se sending was om na die wêreld te kom sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Met Sy hemelvaart het Hy die Heilige Gees gestuur, om Hom by die mense te verteenwoordig. Wat opval is hoe innoverend God self is. Hy is in Homself innoverend. Hy is telkens die inisieerder van die verbond: Die verbonde met Noag, Abraham en Sy inisiatief by Sinaïberg. Jesus se sending is die uiterste voor- beeld van innoverende denke. Niemand anders as God sou ooit so ’n oplossing kon bedink het nie. Die geboorteverhaal van Jesus sê nie regtig iets oor tegnolo­ gie nie. Indien ons onder tegnologie ook gerief verstaan, dan wel. Die gebrek aan gerief by die geboorte is opvallend. Geen gerieflike bed, higiëne of swier by die koms van die Koning van die wêreld nie. Trouens, die krag van die verhaal lê in die eenvoud en nederigheid daarvan. Vir vandag se kinders van die Here is God se innoverende denke, waar Kersfees die realisering daarvan is, ’n reuse bron van aansporing om nuut te dink. Maar ook vir kerke om die onveranderbare essensie in ’n meer verteerbare kontem- porêre vorm te verpak. Die pragtige Kersversierde huise in Montana het ’n blywende indruk op my gelaat. En tog het die tegnologie nie iets van die plegtigheid en heiligheid van die geboorte ontneem nie, maar eerder ’n kontemporêre ver- beelding aangespreek. Dit is hoe die Heilige Gees vandag nog kan werk. 2 SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018