Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 38

RUBRIEK TUIN Kos vir die siel Met nog net een snaar O Milanie Vosloo p my ou ramkietjie met nog net een snaar / speel ek in die maanskyn, deurmekaar. / As die maan my antwoord en die sterre knik / dan speel ek kordaat voort / in my skik. Wat gee ek om mense wat sê ek’s mal as die varings my aanhoor by die wal? / Wat om my vrinne wat nooit nie verstaan / as die sterre my toeknik en die maan? / Op my ou ramkietjie met nog net een snaar / speel ek in die maanskyn deurmekaar.* Soms beleef ons eensnaarmomente: Tye wanneer ons hoop min is. ’n Uitkoms skraal lyk. Die dinge wat ons nie kan beheer nie, ons moedeloos maak. Die lewensmusiek vir ons ophou speel het... Sulke tye kan jy maar onthou, ongeag al die “ge­ breekte” lewensnare, is daar altyd nog één ding oor waaroor jy beheer het: Jou gedagtes! Dit is so dat daar baie dinge of mense is wat jy dalk nie kan verander nie. Tog kan jy altyd beheer uitoefen oor die manier waarop jy dink. Jy kan kies om met ’n ander gesindheid na dinge te kyk, om terug te staan en die groter prentjie raak te sien; verder as die nou te kyk en te onthou waarheen jy op pad is. Jy kan sommer net weer ’n slag opkyk en Hóm raaksien. Hoor hoe Hy uit ’n eensnaarwêreld hoop, lewe en die ewigheid geskep het. Net een dapper en gelowige mens – jý – is nodig om ’n hele groep of gemeenskap anders te laat dink. Ek wil jou uitdaag: • Waag dit om te hoop; om te glo dat dit môre beter sál gaan, want dit sál. • Waag dit om anders te dink, want jy kán. • Waag dit om die verskil te wees wat jy wil sien. Barack Obama sê in sy boek getiteld, “The Audacity of Hope”, dat mense wat sê dat dinge nie gedoen kan word nie, moet op- hou om die mense wat besig is om iets te doen, te onderbreek. Wees jý die een wat ander die eensnaarmusiek laat hoor. Bid saam met Habakuk: Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk en lewer die landerye niks op nie ... tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here! Habakuk 3:17a-18. *C.Louis Leipoldt Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Januarie 2019. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deel­neem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 36 SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 Somerwenke Deur Carl Kirstein Tuinboukundige D ie somer is nou in volle swang in Suid-Afrika. Teen dié tyd is alle veranderinge in jou tuin beplan en uitgevoer. Ons kan egter nog hier en daar ‘n paar saailinge plant vir ’n spatsel kleur. Grasperke het nou weer bemesting nodig, so water ook ge­reeld om ’n smaraggroen grasperk te verseker. Water dus ook in die vroeë oggendure of na sonsondergang om waterver- damping tot die minimum te beperk. Begin om jou tuin voor te berei vir die Desember/Januarie vakansie tuis of weg van die huis. Trek alle onkruid uit en gee algemene bemesting en deklaag en water dan deeglik. Hydrangeas, gardenias en fuchsias kom nou juis in hulle volle drag. Voed hulle met ’n suur blaarvoeding en sit boombas om hulle voete. Wees versigtig en voorbereid op die lelieboorder wat swart en geel is en boor tot by die hart van clivias, agapanthus en arum lelies. Spuit vroegtydig met ’n geregistreerde insekdoder wat cypermetrin bevat. Dit is nou ook die tyd om vir vrugtevlieë te spuit voor hulle besig raak. Sny terug alle blomme wat uitgeblom is en bemes met bemesting 6:1:5. Dit sal verseker dat die plante weer sal blom. Laventel moet ook nou teruggesny word vir ’n herfs ’flush’. Die witvlieg is besig in die warm droë weer, so kyk onder die blare en spuit veral onder die blare. Vir die kombuistuin kan geel, groen en rooi soetrissies asook warm rissies geplant word. Kersietamaties asook ’n groot ver- skeidenheid van ander tamaties, spinasie, beet, wortels en eiervrug kan nou geplant word. Alle soorte kool is veral aan- loklik vir die witvlieg. Dit is egter goedkoper om aan te koop. Waatlemoen, spanspek, ensovoorts kan ook nou aangeplant word om jou plante natuurlik teen peste te beskerm. Plant dus knoffel en Afrikanertjies tussen jou groente. Dit is ook tyd vir blaarslaai en wees so verseker van vars slaai op jou tafel. Indien daar ’n sonnige deel in u tuin is, begin ’n kruietuin. Tiemie, origano, mint en basil is baie maklik om te groei en ver- toon daarby ook baie mooi. Daar is niks soos vars kruie vir die sjef van die huis nie. Plant ook ’n verskeindenheid van bessies. Hulle voorsien die huis die hele somer en is uiters gesond. Niks is beter as erd- wurmkompos nie. Kom kuier ook vir my by Verdant Kwekery. Ek gebruik dit al vir jare en my tuin is oortrek van erdwurms. Moet asseblief nie nou in u tuin spit nie, omdat dit verdamping sal aanhelp. Geniet die feestyd!