Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 33

JAG Met jou toepassing op jou selfoon kan jy al die veranderlike inligting inlees. Inligting wat die toepassings nodig het is die volgende: Afstand tussen loop en tele- skoop se middellyn Die draai van die groefdraad Die rigting van die groefdraad Die teleskoop se kalibrasie Trompsnelheid Koeël se BC kan die sneller druk vir die perfekte skoot. Met die inligting in jou toepassing ingeprogrammeer kan jy nou jou geweer gaan toets op die baan. Sit ’n teiken op ’n onbekende afstand. Gebruik die afstandmeter en bepaal die afstand. Gebruik die toepassing en bepaal hoeveel jy moet stel om op die afstand jou teiken te tref. Natuurlik het tegnologie nog verder gegaan en die produkte saamgevoeg sodat ons net een produk nodig het. Swarovski sowel as Burris het ’n teleskoop wat 'n ingeboude afstandmeter het. Hulle bevat ook 'n ballistiese program wat jy kan program- meer vir jou spesifieke geweer. Jy kan dan met die druk van ’n knoppie die afstand bepaal wat jy gaan skiet - die teleskoop be­paal self waar jou kruishaar binne die teleskoop moet wees en jy kan die sneller druk vir die perfekte skoot. Tegnologie kan dus wel help om ver­der en meer akkuraat te kan skiet. akkuraatheid tot gevolg het, is ballistiese tabelle wat deesdae as ballistiese toepassings op slimfone of tablette gebruik kan word. Die ballistiese toepassings stel ons in staat om die trajek van ons koeël vinnig en akkuraat te bepaal. Met 'n paar veran­ derlikes wat in die program ingeprogrammeer word, is dit vir ons nou baie maklik om te bepaal waar ons moet mik op watter afstand om ons teiken raak te skiet. Met die verbetering van teleskope, tesame met die ballistiese toepassings, is dit nou moontlik om jou teleskoop te stel vir elke afstand wat jy wil skiet. Daarom kan ons makliker na teikens skiet op onbekende afstande as wat in die verlede die geval was. Saam met die hoogte wat ’n koeël oor ’n afstand laer tref, druk die wind dit ook in ’n rigting in. Die afwyking wat die wind op ’n koeël het kan ook nou met ballistiese toepassings bepaal word. Daarom kan ons ook meer akkuraat oor lang, onbekende afstande skiet. Alles klink maklik in teorie, maar kom ons kyk prakties na die proses wat gevolg moet word om verder en akkurater te kan skiet met al die tegnologie wat tot ons beskikking is. Eerstens is ’n teleskoop waarmee jy kan sien tot waar jy wil skiet, belangrik. Teleskope met maklik verstelbare verstel­ knoppe wat sonder verstelling met ’n munt of ’n skroewedraaier gebruik kan word, werk net beter. Laai ’n ballistiese toepassing af en begin om inligting in die toepassing te stoor. Die twee bekendste toepassings wat beskikbaar is op Google se Play Store is Lapua Ballistics en Strelok. Strelok Pro is ook beskibaar teen ’n koste. Strelok Pro se grootste voordeel is dat dit reeds data van koeëlpunte en verskillende teleskoopkruishare bevat. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 31