Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 32

JAG Hoe kan TEGNOLOGIE my skiet verbeter? Elke dag is tegnologie besig om die wêreld om ons te verander. Ook in gewere en hul kom- ponente is tegnologie daagliks besig om die sport te verbeter. Die ongelooflike lang skote en die baie klein groeperings wat deesdae die norm is, is die bewys van die tegnologiese vordering in die sport.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Verkoopsklerk: Hinterland Wapens, Kroonstad en Jagkenner A s ons na ’n geweer se werking en sy styl kyk, het nie baie oor die laaste 50 jaar verander nie, maar wel baie verbeter. ’n Geweer is nog steeds ’n stuk gereedskap met onder andere ’n aksie, ’n loop, ’n kolf en ’n visier. Tegnologie het gehelp dat ons sterker aksies, akkurater lope, meer 30 konstante ontbranding en beter koeëls het as 50 jaar gelede. Gelukkig is dit nie die enigste verbetering wat plaasgevind het die laaste klompie jare nie. Van die grootste verbeterings wat ons oor die jare gesien het, is sekerlik ten opsigte van ons optiese produkte. Teleskope se vergroting en lense het baie verbeter. Hulle werking en ekstra funksies het ook baie verbeter oor die jare. Die ander optiese produk wat jag vir ons baie makliker gemaak het, is die toetrede van afstandmeters tot die mark. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 Afstandmeters help ons om die presiese afstand wat ons wil skiet, te kan bepaal. Aangesien ’n projektiel se kurwe oor 300 m tot soveel as 60 cm kan verskil, is die afstand wat ons wil skiet baie belang­ rik. ’n Ander baie handige toestel wat deesdae baie gebruik word, is ’n spoed- meter of chronograaf. Aangesien ons die spoed van ’n koeël kan bepaal, kan ons die trajek van die spesifieke koeël ook bepaal. Maar die een stukkie tegnologie wat moontlik die grootste verbetering in skiet­