Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 31
NUUS
Senwes Kersboomprojek
'n groot sukses
Deur Marlon Abrahams
Senwes Scenario Hoofredakteur
D
ie gedagte het elf jaar gelede ontstaan om plaaslike
kinders van verskeie instansies, wat die versorging
van mishandelde kinders, kinders met gestremd
hede en kinders in kinderhuise ten doel het, te
bederf met 'n Kerspartytjie. Dit het met drie instansies begin -
Rethabile Kinderhuis, Huis Adonai en Matlosana Kindersorg in
Klerksdorp.
Die Senwes Kersboomprojek is vandag trots om gasheer te
speel vir 600 kinders en gestremde volwassenes van Manu Dei,
Triest Opleidingsentrum, Janie Schneider, Rethabile Kinderhuis,
Viljoenskroon Jeugsorg, Khaya Tshepo, Daphne-Lee Sentrum,
Voetlig Kinders, Huis Adonai en die Atamelang Kinder- en
Jeugsorgsentrum.
Die geleentheid is op 2 November 2018 by die Triest
Opleidingsentrum in Klerksdorp gehou en meer as 200 Senwes
personeel het vrywillig die 600 mense bederf met geskenke en
persoonlike sorg gedurende die dag.
Die geleentheid sou nie moontlik gewees het sonder die
bystand en borgskappe van meer as 80 besighede en individue
in en om Klerksdorp nie. Van almal by Senwes - baie dankie aan
al die borge.
Die Kersboom het 'n belangrike dag op die Senwes kalen
der geword. Dit skep nie net groot welwillendheid onder die
ontvangers daarvan nie, maar dit betrek ook die plaaslike
gemeenskap en besighede. Senwes is trots om Kersvreugde
aan almal te bring wat elke jaar betrokke is. Ons sien uit daar-
na om volgende jaar weer glimlagte op die gesigte van almal
betrokke te plaas!
FEESTYD IS FAMILIETYD!
Ons wens jou en jou geliefdes
’n feestyd gevul met liefde, lag en saamwees.
Mag elke dag vreugde inhou en die nuwe jaar geseën wees
met nuwe geleenthede en die geesdrif om die meeste van
elke dag te maak. Ons hier by DEKALB® sien daarna uit om
elke geleentheid saam met jou aan te pak.
Kontak gerus ons kliëntediens by:
011 790-8200 of [email protected]
DEKALB® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018
29