Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 23

LANDBOUKUNDIG is hoekom net ’n sekere persentasie van diere simptome toon terwyl al die diere aan die betrokke infeksie blootgestel was. WAT IS DIE VOEDINGSBEHOEFTE VAN DIERE ONDERHEWIG AAN SPANNING? Beide akute (onmiddellike) en uitgerekte (twee tot sewe dae) spanning beïnvloed diere nadelig, maar dit is laasgenoemde wat die dier meer vatbaar vir infeksie maak. Omstandighede wat spanning vir diere veroorsaak is hantering, vervoer, fisiese trauma, uitputting, vastoestande van beide voer en water, ongewone omge- wing, vreemde ander diere, ensovoorts. Hormone soos kortisol, adrenalien, nor- ad­renalien aldosterone, beta-endorfiene en enkefalien word gedurende spanning afgeskei. Hierdie geïnduseerde hormone wat die metabolisme van die diere beheer en verander, onderdruk die immuun­stelsel deur kritiese voedingstowwe uit te put wat vir ‘n effektiewe immuunreaksie nodig is. Kroniese spanning het ‘n wesenlike in­­vloed op hierdie prosesse deurdat metaboliese weë van anaboliese (groei) na primêr kataboliese (afbreek van proteïene en vet) verander word. WAT IS DIE EFFEK VAN SIEKTES OP DIE VOEDINGSTATUS? Infeksie gee aanleiding tot ’n opeenvol- ging van metaboliese reaksies wat die voedingstatus van die diere beïnvloed. Voerinname verlaag tipies met meer as 50% by beeste met respiratoriese infeksie en koors, wat tussen 10 en 14 dae neem om na normal terug te keer. Gedurende hierdie tyd verhoog die behoefte van feitlik al die voedingstowwe, al word die voeding van groei na immuniteit verander. Proteiene moet vir die immuunreaksie, ontwikkeling en opklaring van koors asook die herstel van sel- en weefselskade, ver- vaardig word. Verder vind ’n verhoogde verlies aan belangrike minerale soos mag- nesium, kalium, fosfaat en sink plaas. Die hoof ekstrasellulêre elektroliete, natrium en chloried word ook deur die hormonale verandering beïnvloed. Urinêre uitskeiding van sout verhoog gewoonlik tydens ‘n periode van infeksie en wat tot dehidrasie aanleiding kan gee. Die lig- gaam sal dan reageer deur liggaamsoute en water terug te hou. Diarree kan direk tot die voorkoms van natrium-, chloried-, kalium en bikarbonaatverlies in die mis aanleiding gee. Dit blyk of die immuunstelsel ’n priori­ teit bo voedingstowwe vir groei het. Dit word ’n duur proses indien immuniteit geaktiveer word. Voedingstowwe wat vir immuniteit nodig is, is nie vir groei of produksie beskikbaar nie en sal die groei­ tempo sowel as voeromsetting nadelig beïnvloed. Uitermatige immuunreaksie vermors nie net voerbronne nie maar kan ook permanente selskade en lae produkti- witeit veroorsaak. 22 SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 21