Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 22

LANDBOUKUNDIG Voeding en immuniteit van voerkraalbeeste Is spesiale behandeling en voeding nodig? ’n Gesonde bees produseer die beste en ’n siek bees is direk en indirek ‘n onnodige uitgawe. ‘n Gesonde dier se immuunstelsel het ’n baie kleiner behoefte aan voeding­ stowwe in vergelyking met die totale voedingsbehoefte. Indien die immuniteit van die dier egter onder druk is, het dit ’n betekenisvolle invloed op die voedingstatus en -behoefte vir spesifieke voedingstowwe.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige V oedingstoftekorte verhoog die vatbaarheid van diere vir die meeste infektiewe siektes en verhoog ook die moontlikheid van sekondêre infeksies. Vitamien- en spoormineraaltekorte verlaag beide die immuunfunksie sowel as weerstand teen spanning betekenisvol, selfs al is die dier se voeding in terme van energie en proteïen voldoende. Voeding het die grootste inpak op morbiditeit (voorkoms van siektetoestand) en mortaliteit (voor- koms van vrektes) gedurende die eerste maand na aankoms by die voerkraal. WAT IS DIE PROBLEEM? Die immuunstelsel word deur spanning onderdruk en veroorsaak veral respir- atoriese siektes (longontsteking) in die eerste 30 tot 45 dae na aankoms by die voerkraal. Longe van gesonde kalwers kan die infeksie van verbasend hoë kon- sentrasie van bakterieë weerstaan. As die dier onder spanning is, kan relatief klein lading van bakterieë tot longontsteking aanleiding gee. 20 Voeding het die grootste impak op die immuniteit van die liggaam gedurende die eerste twee tot vier weke, maar veral binne die eerste paar dae na aankoms by die voerkraal. Diere onder spanning het tipies ’n lae vrywillige voerinname. ‘n Bydraende faktor tot swak inname is die aanpas­sing van die rumen by maklik verteerbare (stysel) gedurende hierdie spanningstyd. Indien hierdie aanpassing nie korrek gedoen word nie, vind metaboliese steur- nis (suurpens) maklik plaas. In hierdie geval daal inname en staak selfs, perma­ nente skade kan aan die rumenwand gedoen word, ontwatering vind plaas, swak verte­ring van voer wat ingeneem is en die immuniteit word geweldige uit- gedaag. Die probleem is dus om genoeg voedingstowwe in die dier te kry, juis vir die wat dit die nodigste het. Voldoende sleutelvoedingstowwe in die liggaam ver- hoed of verlaag die voorkoms van span- ningsverwante massaverlies, immuunon- derdrukking, morbiditeit en mortaliteit as sekondêre simptome van longinfeksies. WAT IS IMMUNITEIT TEEN INFEKSIE? Diere bied weerstand teen infeksie deur van nie-spesifieke aangebore (‘innate’) SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 meganismes en spesifiek verworwe (‘acquired’) meganismes gebruik te maak. Eersgenoemde sluit in epiteelweefsel wat die liggaamsoppervlakte bedek soos die vel, hoef en kornea asook die belyning van die liggaamsopeninge (respirato- riese, urogenitale en verteringstelsel) wat ’n fisiese weerstand bied teen infeksie- agente wat die liggaan kan binnedring. Laasgenoemde is waar blootstelling aan vreemde infeksie-agente (antigene) tot die ontwikkeling van immuunselle en antiliggame spesifiek teen hierdie betrok- ke agente aanleiding gee. Spesifieke immuniteit neem tyd om te ontwikkel en is daarom effektief om infeksie te voorkom, slegs as die dier voorheen aan hierdie spesifieke agent blootgestel was. ’n Voedingstoftekort beïnvloed nie alle immuunmeganismes dieselfde nie en beïn- vloed ook nie een spesifieke meganisme dieselfde vir verskillende antigene nie. ’n Groep diere wat ’n voedingstoftekort het, mag genoegsame anti-liggaamreaksie teen sekere antigene (of entstof) toon en ’n onderdrukte reaksie teen ’n ander antigeen toon. Soortgelyk, onder praktiese omstan- dighede, kan diere met tekorte meer vatbaar wees vir sekere, maar nie al die siekte­veroorsakende organismes nie. Dit