Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 18
LANDBOUKUNDIG
Nismark
Konynboerdery
“ ʼ n Aaneenlopende proses”
’n Bedryf wat baie nog moet ontdek, die konynvleisbedryf, is besig om sy stempel af
te druk in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie voedsame proteïen word deur baie mense
regoor die wêreld geniet!
Deur Mbali Skosana
Senwes Gegradueerde
S
enwes Scenario het ’n konynboer
in die Ventersdorp distrik besoek.
Abraham Maree het ’n jaar of
twee gelede ’n geleentheid
gesien om met konyne te begin boer toe
die familieboerdery ’n addisionele inkom-
ste benodig het. “Konynboerdery is ’n
aaneenlopende proses - hulle teel teen ’n
vinnige tempo en jy kan dus elke 3-4 weke
slag,” sê Maree.
Nadat hy ’n opleidingskursus deurloop
het by die Coniglio (Italiaans vir konyn)
Konynboer Groep, het Maree met die
Nieu-Seeland Witkonyn begin boer. Daar
was eksta geboue op die plaas waarin die
diere nou gehou word. Coniglio het die
eerste vyf teelpare en die hokke verskaf;
hulle slag vir en verkoop ook nou aan die
Coniglio tak in Randfontein.
Konyne moet deurlopend dopgehou
word en Abraham het twee mense in diens
wat hom help met sy konynboerdery. Die
hokke moet daagliks skoongemaak word
en een maal per maand ontsmet word. Die
skaam diere het sensitiewe mae en die
regte voer moet gegee word om diarree te
voorkom. Abraham vertel dat hy hulle droë
korrels en hooi voer. Die slagouderdom is
8-10 weke en die lewendige gewig moet
minstens 2,2 kg wees. Konynvleis verkoop
tans teen R53 per kilogram.
Daar is hoogtepunte en laagtepunte
in enige besigheid en Abraham beskryf
die hoogtepunte as die feit dat “die diere
baie rustig is”, wat hulle maklik maak om
mee te werk. Die laagtepunte is dat hulle
voortdurend dopgehou moet word, wat dit
moeilik maak vir ’n boer wat ook met ander
lewendehawe boer. ’n Verdere uitdaging
is dat daar nie veeartse in die land is wat
baie weet van die siektes wat konyne
kry nie. Die boere moet dus by mekaar
leer. Abraham sê dat daar ’n konynbo-
er Whatsapp-groep is waar boere hul
ondervindinge deel en wenke vir mekaar
gee.
Konynvleis se proteïeninhoud is baie
hoog, die vetinhoud is baie laag en dit is
ideaal vir mense met spysverteringspro
bleme, cholesterol en diabeteslyers. Dit is
ook ’n hoë proteïenbron vir fiksheidsfanatici
en liggaamsbouers.
Abraham se raad vir mense wat in
konynboerdery belangstel is: “Doen eers
deeglike navorsing, begin met minstens
100 teelkonyne en wees geduldig.”
Buiten konyne
boer Abraham
ook met skape.
'n Konyn kan
gemiddeld
geboorte gee
aan sowat 6-8
konyne.
16
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018