Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 16

INNOVASIE Vertikale boerdery Vervaardiging van kos met minder hulpbronne Die wêreld se bevolking draai op 8 miljard monde om te voed en die mensdom gaan ernstig moet kyk na hoe om meer te plant op minder grond en met minder hulpbronne. So, terwyl sommige navorsers en vervaardigers van toerusting intelligente landbou-implemente ont- werp wat môre se lande namens ons sal bewerk, ondersoek ander die moontlikheid om futuristiese plase na die stedelike gebiede te bring.  Deur Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings V ertikale boerdery is die praktyk om plante bo-op mekaar te stapel om in ’n toe en beheerde omgewing te groei. Aangesien hierdie groeistelsels binnens­ huis gebruik word, met hoë produksie-in- tensiteit en lae voetspoorvereistes, kan dit opgestel word op plekke wat nie geskik is vir konvensionele boerdery nie - eintlik op 14 enige plek. Dit verminder die omvang van vervoer en hantering van die produkte om dit vanaf die land na jou kombuistafel te bring en die eindresultaat is dus varser en gesonder vrugte en groente. Iron Ox neem hierdie produksiemo­ del ’n stap verder deur handearbeid met robotarbeid in elke faset van die groei­ siklus te vervang. “Ons het ons totale groeiproses ontwerp, gebaseer op ’n robot-eerste benadering. Dit beteken nie net dat ’n robot by ’n bestaande proses gevoeg word nie, maar om alles, insluitend ons hidroponiese groeistelsel, rondom robotte te ontwerp. Dit sluit in die oespro­ ses, saaiproses en plantinspeksies.” “Ons het gevind dat die twee grootste koste met betrekking tot binnenshuise boerdery, arbeid en elektrisiteit is. Met die nuwe stelsel is ons in staat om baie herhalende take meer effektief te verrig. In die toekoms sal ons ook kweekhuise kan gebruik waar ons gebruik kan maak van die son, wat gratis energie verskaf.” Die maatskappy se groeimodules, as voorbeeld, is groot houers wat tot 800 pond se voedingsgebalanseerde vloei­ stowwe kan hou, waarin plante groei, en SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 • TECHNOLOGY & INNOVATION 2018