Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 14

PRODUSENTFOKUS Raymund de Villiers Nuwelingteler verower gróót titel Tydens die 2018 Alfa Expo by Parys, het ‘n redelike nuwelingteler, Raymund de Villiers, vanjaar die gesogte titel as Hinterland Nasionale Interras Bulkampioen ingepalm.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur H y het dit gedoen met sy bul genaamd Ace. Raymund is oorstelp van vreugde, “Dit is net ongelooflik, dis al manier hoe ek dit kan beskryf.” Raymund is van die plaas Joubertsrus in die Sannieshof-distrik waar hy met SantaRay Santa Gertrudis-stoetbeeste 12 boer. Hy is baie trots, soos hy dit stel, “om die Nampo van die beeswêreld te wen - daar is net niks beter nie.” Op die vraag na wie hy opkyk in die teelbedryf, kom die naam Willie de Jager na vore, natuurlik ’n groot Santateler asook beoordelaar – “Ek het nog nooit slegte raad van Willie ontvang nie.” So is dit maar in kompeterende bedryf waar hy orals maar bietjies-bietjies inligting bymekaar gemaak het soos diegene in die bedryf mekaar bel en inligting uitruil. SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018 Raymund noem dat sy vrou Irma, wat ’n B.Sc Veekundegraad agter haar naam het, hom baie ondersteun. Maar die vraag op almal se lippe is, wat het sy bul vanjaar die titel laat wen? “Hy het verskriklike sterk lende en sy haar­kwaliteit was nogal uitsonderlik op die dag,” vertel Raymond trots. Hinterland se Phillip Lee, Bestuurder: Veeboerderyoplossings, wat saam met Senwes Scenario besoek by Raymund- hulle afgelê het, vertel: “Daar was nie swak