Senwes Scenario Desember 2018 / Januarie 2019 | Page 10
NUUS
Plaasaanvalle is nie
‘n liggewig saak nie
Mediaberigte het weer die kollig geplaas op die wreedaardig
heid van plaasaanvalle en dit bly ‘n omvattende taak om boere en
plaaswerkers te help beskerm. Radio-, kamera- en hommeltuigteg-
nologie word nou proaktief ingespan. Met die implementering van
tegnologie is boeregemeenskappe besig om terug te baklei.
Deur AgriSecuritas
D
ie gemeenskappe is nie net
betrokke by die prosesse en
strukture van die Landelike
Beveiligingstrategie nie, maar is
daadwerklik besig met die implementering
van nuwe inisiatiewe. Kreatiewe en oplos
singgedrewe ingesteldheid is die dryfkrag
agter suksesvolle implementering hiervan
om ’n veiliger leef- en werksomgewing te
skep.
Enige plaasaanval is traumaties, maar
wat positief is, is die pogings wat mense
en organisasies soos Agri SA en die
AgriSecuritas Trustfonds aanwend om die
te help. Weerstand teen plaasaanvalle is ’n
faktor wat ‘n groot deel van die bevolking
saambind.
Meer as 12 500 plaasaanvalle oor ’n tyd-
perk van 19 jaar en ’n moordsyfer van meer
as 1 700 oor die tydperk, spreek boekdele
van die misdaadaanslag op boere en
plaaswerkers. Dit maak van plaasaanvalle
en die effek op landbou nie ’n liggewig
saak nie en bly dit ‘n prioriteit vir Agri SA.
Daar word ’n premie op landbou-ontwikke-
ling en werkskepping deur die Nasionale
Ontwikkelingsplan op die landbousektor
geplaas, wat slegs kan plaasvind in ’n
veilige omgewing. Landelike misdaad is
omvangryk en maak dat oplossings raken
8
SENWES SCENARIO | TEGNOLOGIE & INNOVASIE 2018
de beleid, samewerking, paraatheid en
effektiewe polisiëring gesoek moet word.
Die AgriSecuritas Trustfonds is een van die
instrumente wat in die praktyk op ‘n prak-
tiese wyse ’n bydrae maak.
Dit bly moeilik om te verduidelik dat
Agri SA en die AgriSecuritas Trustfonds
alles moontlik in werking stel om die veilig
heidsituasie te verbeter. Die skakeling se
doel is om ’n beter basis daar te stel om
die fenomeen van landelike misdaad beter
te hanteer. Voortgesette skakeling met
veiligheidsrolspelers op regeringsvlak vind
gereeld plaas, maar kan op plaaslike vlak
verbeter. Sommige van Agri SA se provin-
siale affiliasies vind dit moeilik om op ’n vol-
gehoue basis konstruktiewe skakeling te be
werkstellig en dit maak die toepassing van
beleid, strategieë en prosesse moeiliker.
Daarom beywer die AgriSecuritas
Trustfonds hom vir ’n veiliger landelike
omgewing deur beveiligingsprojekte op
boereverenigingvlak te ondersteun wat
hiertoe sal bydra. Projekte is gerig op
voorkomende maatreëls asook nasorg. Dit
sluit in bystand vir kommunikasienetwerke,
kamerastelsels, logistieke behoeftes, val-
hekke en verskaffing van traumaberadings-
dienste. Die Trustfonds is ook betrokke by ’n
inisiatief van Agri SA om oor die langtermyn
op ’n gestruktureerde wyse aandag te gee
aan ’n onderliggende persepsieprobleem
wat bydraend tot die onaanvaarbare hoë