Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 - Page 32

•••• T OEK OM SF OK US Asem uit... JENNY MATHEWS DAAR IS SOVEEL OMTRENT BOERDERY WAT BEHELS DAT ONS MOET WAG - DIT VOEL SOMS OF EK PERMANENT MY ASEM OPHOU! D ie wagspeletjie spook by ons van een seisoen na die ander... wag vir die eerste tekens dat die wolke opsteek om reën te bring... wag vir die eerste tekens van nuwe lewe in die vorm van vars, nuwe, groen rankies wat deur die grond breek... wag om te hoor of jou leningsaansoek goedgekeur is deur die finansiers... of die wag om te sien of jou besluite met betrekking tot puts en calls goed was... of dalk nie! Ek het iemand eenkeer hoor sê dat in boerdery hou jy nie asem op nie... jy moet eenvoudig jouself staal! Die vraag is, hoe doen ons dit sodat dit die kleinste moontlike impak op ons lewens, ons gesinne en ons loop- bane het? sal kom - en gaan! Die belangrike ding is egter om seker te maak dat JY sterk genoeg sal bly om jou probleme die hoof te bied - MOET NOOIT toelaat dat die uitdagings jou eerste vernietig nie!!!” Hierdie insig kom van 'n boer wat jare van swaarkry, oor- log, depressie en droogte beleef het... die buurman was teen die grond, maar hy het deurgedruk, ’n paar veranderings aangebring en is vandag steeds ’n suksesvolle boer. Die uitdaging is daarin om die vermoë te hê om wys en berekend te wees, eerder as om hopeloos rond te dobber - om aan te pas, te verander en moed te hou. Nie omdat daar geen uitdagings is nie - maar ongeag die uitdagings. HAAL NET ASEM My man het ’n waardevolle les geleer toe hy eendag hoor hoe sy pa ’n buurman bemoedig wat ’n moeilike tyd beleef het: “Probleme 30 DES 2017-MRT 2018 • SENWES Scenario DIE KLEIN JAKKALSIES VERNIETIG DIE WINGERD (Hooglied van Salomo 2:15) In sy boek ‘Forget the Elephants, Watch out for the Fleas’, sê Justin Herald: “Die meeste mense se probleme begin as ’n klein vlooi­ tjie - indien ons die probleem nie aanspreek nie, word dit so groot soos ’n olifant.” Wanneer ons GROOT probleme in die gesig staar, is ons geneig om net hierdie groot uitdagings raak te sien, maar dit is dikwels wys om na die irrite­ rende klein vlooitjies (probleme) te soek en dit vinnig te hanteer. Dis altyd beter om proaktief te wees as om op ’n hopie te sit - selfs al is jy net besig met mug- giesiftery met betrekking tot jou