Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 - Page 15

••• • • K O L L IG • • Die Britz familie! Agter is David, Theuns Junior, Janine, Hendrina, Theuns Senior, Lizelle en Shawn. Voor kleinkinders Mijané, klein Theuns Junior en Leanke. Op die inlas is die ander kleinkinders Wilandi en Pieter by Theuns Senior en Hendrina. Die bees­boerdery beslaan ‘n klein gedeelte van die boerdery en die voerkraal is ‘n nuwe uitbreiding. vir jare by die kinders bybly as ’n teken van hoe om te werk te gaan. BESLUIT WAT BY JOU PAS Sy raad is dat dit belangrik is om te bepaal of dit wat op jou pad kom, wel vir jou bedoel is. Hy maan dat jy eers goed moet besin oor ’n vertakking. “Dit moet deel van jou aard wees en jy moet daarvan hou,” sê Theuns oor dié maatstaf wat hulle gebruik. Dan is dit ook belangrik dat jy betrou- bare mense in diens moet hê en hoewel jy moet strewe na perfek­ sie, is dit nie aldag moontlik nie. Wat hulle met al die uitbrei­ dings probeer vermag, is om die ekstra tree te gee en mense nie teleur te stel nie. “Daai ietsie ek­­ stra, al word jy soms nie daarvoor betaal nie,” vertel Theuns. So, deurdink alle besluite en jy moet die deursettingsvermoë hê om alles wat jy aanpak deur te voer. LA ROUGE GASTEPLAAS Die naam La Rouge Gasteplaas is gekies omdat hulle baie van rooi hou en daar boonop lekker rooigrond is in die omgewing. Theuns is ook ’n man wat hou van ’n rooi trekker, hoewel daar wel ’n paar groen implemente hier te bespeur is. Daar is 47 kamers in die gastehuis, wat 100 mense akkommodeer, asook twee groot sale vir funksies, met ’n koepel en kapel om die finale afronding te bied met sowat 30 troues per jaar. Talle bekendes soos onder andere akteurs Leandie du Randt, Hans Strydom en Pascal Pienaar, kunstenaars soos Adam Tas en die grapjas Andries Vermeulen en was al hier en talle plaaslikes, soos die Britz-familielede is hier getroud. Daar word ook die afgelope 5 jaar ’n bruidskou hier gehou. Die wenakker is begin deur Lizelle wat die kreatiewe een in die familie is. So terloops, een van hul bekend­ste disse is beslis die Wenakker biefstuk en skyfies. SENWES EN HINTERLAND Theuns lewer sy graan by die Vierfontein silo, wat ’n klipgooi van hulle af is. Hy is vanaf 1978 ’n lid by Senwes en gebruik ook die dienste van onder andere Senwes Credit. Hy gebruik die Hinterland-tak in Klerksdorp as sy hoof aankooptak en koop veral diereprodukte en spuitstowwe daar. Hy maak ook staat op die professionele advies en raad van sleutelrekeningbestuurder by Senwes Andrew Weber asook landboukundige, Willem van Zyl. Theuns se pa was ook ’n Senwes- klant. THEUNSE IN OORVLOED Daar was nou al vier generasies Theunse (Theunis Fourie Britz) met sy oorlede pa Tenie, hyself, seuns Theuns Junior en kleinseun Theuns wat almal die name met trots dra. Hy lig veral van daardie klein takke van die boom uit, sy kleinkinders Theuns, Mijané Léanke, Pieter en Wilandi. Almal is afstammelinge van hom, die boom. So groei daar altyd nuwe takke, of dit nou familielede of idees is, e vVWB2F@&V&&W&FW'P6GvVFRWWG7FR2( w&B&VW"vB'FRG&W,*FPV֖266VBVWvVFRFWVV2f6RWB 6FR<:FWw2vV6FBF"RVvRfW'&76w2VRvr2RVW"F"0R"f"VR2FBFRPVFRWBvVFRf&vBVPvVW"RFWV2V"'FRFVW&P7VB4TtU266V&( "DU2#r%B#