Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 8

••••
NUUS

Senwes produsent baie positief oor

A gri rewards

OPBRENGS OP LOJALITEIT
6
AGRIREWARDS UIT DIE MOND VAN DIE HEEL EERSTE SENWES PRODU- SENT WAT BY HIERDIE TOONAANGEWENDE BONUSSKEMA AANGE SLUIT HET , PIERRE VAN EEDEN . VIR PIERRE , WAT OP SY PLAAS HEUNING LAAGTE IN DIE EDENVILLE DISTRIK BOER , WAS DIE BESLUIT OM BY AGRIREWARDS AAN TE SLUIT , VERSKRIKLIK MAKLIK . VERAL OMDAT 80 % VAN SY BOERDERY SAAIBOER DERY BEHELS EN DIE AGRIREWARDS BONUS- SKEMA JUIS EERSTE NA DIE GRAANKLANTE UITGEROL IS .
AUBREY KRUGER

Die 36-jarige , wat al vir ses jaar met Sara-Lea getroud is en een dogtertjie Lia het , boer al die afgelope dekade saam met sy pa Ben en die afgelope seisoen was die eerste seisoen op sy eie .

HOE HET JY DIE REGISTRASIEPROSES GEVIND ? Bitter maklik , net vyf minute en dit was oor en verby .
DES 2016 / JAN 2017 • SENWES Scenario
HOE VOEL JY DAAROOR DAT SENWES AGRIREWARDS BEKEND GESTEL HET ? Ek is verskriklik positief daaroor en Senwes het ’ n wonderlike inisia tief hiermee geloods .
HOE HET JY VAN AGRIREWARDS GEHOOR ? Ek het ’ n e-pos gekry en daarna meer inligting by die graanbemarkingspan in Kroonstad gekry .
WAARNA SIEN JY UIT ? Na wanneer ek my bonus na 16 jaar kry en as AgriRewards na ander fasette uitgerol word , soos byvoorbeeld na die handelstakke .
VERSTAAN JY HOE AGRIREWARDS WERK ? Ja . Ek het eers die konsep misverstaan en gedink dat jy na 16 jaar ’ n lompsom kry . Maar dit is meer volhoubaar vir my om elke jaar van die 16de jaar ’ n groot bedrag geld te ontvang .
WIE HET DIE KONSEP AAN JOU VERDUIDELIK ? Ek behoort aan ’ n graanfokusgroep waar Senwes se Ben Brink en Thys Grobbelaar so ’ n paar maande gelede reeds AgriRewards aan ons verduidelik het . En ek weet van ’ n paar ander Senwes produsente wat ook al aan gesluit het .
WAT GAAN JY MET JOU AGRIREWARDS UITBETALING DOEN AS JY DIT 16 JAAR VAN NOU AF GAAN ONTVANG ? Ek gaan dit terugploeg . Ek staan by my oorspronklike besluit om dit dadelik te ruil vir Senwes aandele . Landboubesighede gaan in die volgende paar jaar met rasse skrede groei en die hele wêreld se fokus is nou op landbou . En die Senwes aandeelprys het die laaste dekade al tot R10.50 gegroei .
WAT SAL JY AAN ANDER PRODUSENTE SÊ WAT NOG NIE AANSLUIT HET NIE ? Wel , dit is maklik en eenvoudig en jy kry geld terug . Dit is lekker as jou landboubesigheid iets aan jou as produsent teruggee .
Dit was vir my ook lekker dat Senwes ons as produsente se insette gevra het . Ek het ge ­ noem dat dit lekker sal wees as ’ n persentasie aandele ook vir ons gegee kan word en hulle het ge dink dit was ’ n goeie idee wat hulle sal ondersoek .
HOE VOEL JY OOR SENWES IN DIE ALGEMEEN ? Ek kan Senwes as een van my lekker erfporsies beskryf wat ek by my pa geërf het , Ons doen al vanaf die laat sewentigerjare besigheid met Senwes .
Senwes produsent Pierre van Eeden oorreed ander produsente om by AgriRewards aan te sluit .