Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 7

••• •• HO O F A RT IK E L •• Die teleskopiese hanteerders van JCB is, saam met die bachoe laaigrawe, van die gewildste produkte. portefeulje en sal geweldige waarde toevoeg tot ons land­ bou- en ligte industriële klantebasis.” Die lys produkte sal insluit mini laaigrawe, swaar­ diensvurkhysers, teleskopiese laaigrawe en meerdoelige hanteervoertuie. UITSTEKENDE DIENS Pieterse sê dat al die produkte reeds by die takke bemark word, alhoewel voorraad nog nie by al die takke beskik­ baar is nie. Hy het bygevoeg dat die onderdele reeds op die Equip-stelsel gereflekteer word en van alle dienspunte af bestel kan word. Daar is ook reeds voorraad by die werkswinkels. Uitstekende diens word ook gewaarborg en die opleiding van personeel het reeds ’n aanvang geneem. Deurlopende opleiding sal verskaf word met betrekking tot onderdele en tegniese dienste. ONTWIKKEL DIE LANDBOUGEDEELTE VAN DIE BESIGHEID JCB se doelwit is om ’n totale nuwe mark te vestig. Hulle het meer as 300 verskillende soorte masjiene, wat beteken dat die geleenthede nimmereindigend is. Lumley-Wood sê dat dit nog altyd hul ambisie was om die landboubesigheid hier uit te brei en dit hang af van die regte vennoot, soos Senwes Equipment. DIE PAADJIE TOT NOU Onderhandelinge het reeds in Mei 2016 begin en ’n be­sig­heidsmodel is suksesvol aan JCB voorgelê. Na ver­ skeie besoeke deur hul Britse bestuur, is die ooreenkoms amptelik onderteken in September. Die res is geskiedenis ... *Senwes Equipment deel die waardes van JCB. Ons is nou vennote vir die lang termyn en uitstekende same­ werking word ervaar. Kry Senwes se Tussentydse Resultate HIER! SENWES AANDEELHOUERS word hiermee in kennis gestel dat die groep se tussentydse resultate van die Senwes webtuiste www.senwes.co.za afgelaai kan word. Die resultate sal ook in Beeld, Landbouweekblad en Volksblad geplaas word en is op Money Web se webtuiste by www.moneyweb.co.za beskikbaar. Die tussentydse resultate is ook aanlyn beskikbaar deur hierdie skakel http://senwes. co/Interim2016 te volg of “Skandeer” die QR kode hierbo. *Luister na RSG Geldsake se onderhoud met Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, deur die skakel http://senwes.co/ FrancoisRSG16 te volg of hierdie QR kode te skandeer. R456 000 aan Agri Securitas! Hier is Thinus Prinsloo (Afgri), Nick Efstathiou (Algemene Bestuurder OFM), Japie Grobler (Voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds), Johan Bezuidenhout (NWK, Groepbestuurder: Korporatiewe Bemarking) en Danie Minnaar (Voorsitter van Senwes se direksie) tydens die oorhandiging. SENWES HELP AGRI SECURITAS SENWES WAS VANJAAR weereens deel van ‘n trotse span wat gesamentlik ‘n tjek van R456 000 aan Agri Securitas oorhandig het tydens die 2016 Agri SA kongres. Senwes, NWK, OFM en Afgri het die tjek gesamentlik aan Japie Grobler, Voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds oorhandig met Danie Minnaar, Voorsitter van Senwes se direksie, wat Senwes verteenwoordig het. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 5