Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 6

••••
HOOFARTIKEL

JCB EN SENWES EQUIPMENT : ’ n Perfekte kombinasie

DIS AMPTELIK - SENWES EQUIPMENT IS NOU DIE AMPTELIKE VERSPREIDER VAN DIE JCB PRODUKREEKS .
AUBREY KRUGER

Die Groep Verspreidingsontwikkelingsdirekteur van JCB , David Lumley-Wood , sê : “ Die nuwe vennootskap tussen Senwes Equipment en JCB is ’ n absoluut perfekte kombinasie .”

Senwes Scenario het met die besoekende JCB span , be staande uit David Lumley-Wood ( Groep Verspreidingsontwikkelingsdirekteur ), Andrew Boyers ( Besigheidsontwikkelingsbestuurder Afrika ) en Matthew Barkas ( Streeksbestuurder Afrika ) gesels tydens ’ n besoek aan Senwes hoofkantoor op Donderdag , 29 September 2016 .
Lumley-Wood het verduidelik waarom hulle Senwes Equipment as vennoot gekies het : “ Senwes Equipment is ’ n fantastiese , sterk en gerespekteerde vennoot . Ons het na ’ n besigheid gesoek wat die landbousektor en klante in Suid- Afrika verstaan . Wat ons gekry het was Senwes Equipment , wat ’ n goed gefinansierde en professionele organisasie is .”
Die twee dinamiese maatskappye is besig om ’ n proses uit te rol na alle takke met die boodskap dat verkope en diens die belangrikste fokusareas sal wees - “ Klante moet weet dat hulle gewaarborg is van naverkopediens .”
Alhoewel JCB meer bekend is vir die konstruksiekant van hul besigheid , is JCB egter ’ n besigheid met toerusting vir ’ n hele reeks segmente - “ Ons besigheid behels konstruksie , landbou en mynwese .”
PRODUKTE Sover dit produkte aanbetref sal ons aanvanklik fokus op die bachoe laaigraaf met ’ n reeds gevestigde mark en , selfs meer opwindend , die teleskopiese hanteerders . Senwes Equipment se Besturende Direkteur , Ferdie Pieterse , het baie te sê oor hierdie nuwe era wat hulle nou saam met JCB betree . “ Hierdie uitstekende produkte sal deel vorm van ons
4
DES 2016 / JAN 2017 • SENWES Scenario
JCB besoek Senwes hoofkantoor ! Hier is Matthew Barkas ( Streeksbestuurder Afrika ), David Lumley-Wood ( Groep Verspreidingsontwikkelingsdirekteur ), Ferdie Pieterse ( Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder ) en Andrew Boyers ( Besigheidsontwikkelingsbestuurder Afrika ).