Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 56

•••• KOMPE TI SI E S Warm somers CARL KIRSTEIN O ns warm somers is ’n teelaarde vir peste en ellendes. Wees gedurende hierdie tyd op die uitkyk vir enige tekens van tekorte in plante, onder andere bruin kolle op blare, geel vlekke, blare wat droog van die punte af, plant­ luise, besies, ens. Indien jy nie seker is waarmee jy te doen het nie, neem ’n takkie of blaar na jou naaste tuinsentrum vir ontleding. Groot asseblief! Seël dit in ’n plastieksakkie om die versprei­ ding van siektes te voorkom. Ons moet ons deel bydra tot ’n gesonder en minder ver­ giftigde natuur. ALTERNATIEWE VIR GIF • Suring op grasperke - spuit met wit asyn. • Kookwater op onkruid in plaveisel. • Spuit Jeyes Fluid om jou huis en tuin om miere en rysmiere te ontmoedig. • Alternatief vir aanplanting en bestaande plante - gebruik Protec se produkte. Die verskil is waarneembaar. Sit ’n deklaag waar grond sigbaar is om verdamping te vermin­ der. • Spuit tuine verkieslik nat na 17:00 of vroeg soggens wan­ neer die hitte nie so erg is nie. WENKE 1. Alle lenteplante moet nou teruggesnoei word om hulle te stimuleer vir ’n volgende opbloei. 2. Snoei rose terug vir die volgende blomsiklus. 3. Hydrangers begin nou weer blom. Maak seker hulle is goed bemes en hou hulle voete nat. Sny ook alle blomme wat afgaan af om die res te stimuleer. 4. Sitrusbome moet ook nou bemes word en nat gehou word om te voorkom dat jong vrugte afval. Onthou net mede-tuinier: JY KAN ‘N VERSKIL MAAK. Die Desembervakansie is om die draai. Maak seker jou fauna en flora word versorg. Kyk ook mooi na jou bure s’n en hulle na joune. VERDANT KWEKERY: 018 468 2437 LANDSCAPING: CARL KIRSTEIN: 071 285 1523 54 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario WEN EEN VAN TWEE GESKENKPAKKE TER WAARDE VAN R1 490 ELK AS JY LIEF is om grimering te dra en dis vir jou belangrik om ’n skoon en gereinigde vel te hê, sal jy mal wees oor die bevogtigende HANNON Makeup Cleansing Milk. Dit verwyder selfs die handnekkigste olie­ basisgrimering. Masseer die room bo-oor jou dag se grimering tot alles van jou vel weggelig is en spoel dit dan eenvoudig met skoon water af. Dit laat jou vel sag en bevogtig voel en daarom is dit veral geskik vir iemand met ’n droë en sensitiewe vel. Voor jy enige serum of vog­room aanwend, moet jy eers jou vel voorberei met die HANNON pH Balancing Toner. Dis ’n aanspuitverfris­ ser geskik vir alle veltipes en wat die vel transformeer na die perfekte pH van 5.5. Met die perfekte pH voel die vel kalm en kan dit die aktiewe bestanddele van vogrome beter absorbeer. Dit bevat anti-inflammatoriese bestand­ dele wat die vel onmiddellik kalmeer en vergrote porieë saamtrek. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 31 Januarie 2017 om ’n kans te staan om een va n twee geskenkpakke van HANNON Makeup Cleansing Milk en HANNON pH Balancing Toner ter waarde van R1 490 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Die wenners van die vorige uitgawe (Augustus/September 2016) is as volg: CUM: Japie van den Berg van Hertzogvilledistrik. Hannon: AJ van Coller van Parys, Corrie van Rensburg van Hartswater. Oorsig van die wenners van die WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere kompetisies: Selfiekompetisie: Amanda Haasbroek van Allanridge, Gatorkompetisie: Gert (Gerlu) Roos van Wonderfontein, Mauritius vakansie: Charl Fourie van Bothaville.