Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 53

••• •• T O E KO MSF O K US •• Ek onthou die jare to ons “blind” gereis het met geen selfone nie - en ek aanvaar steeds nie die hulp wat ek nou in die holte van my hand het, as vanselfsprekend nie. en ander. Dit is handig vir die identifisering van onderdeel­ nommers sodat jy kan spesifi­ seer wat jy benodig. ’N OORSIG OOR TIEN TOEPASSINGS (TOEPS) 1. Weer - Daar is baie weertoe­ passings, maar die een wat die meeste gebruik word in my streek is: Yr.no. Dit is ’n web­ blad vir weervoorspelling en meteorologiese inligting, met gratis toegang. Dit bied voor­ spellings vir meer as 9 miljoen plekke regoor die wêreld. Ek het so pas my toep oopgemaak vir onmiddellike inligting met betrekking tot temperatuur en windspoed, sowel as ’n week­ likse projeksie. Die inligting wat op die toep verskaf word het die wyse waarop ons be­­ sluite neem oor kalktoediening of die bespuiting van oeste, verander. 2. Pannar Sprout: Pannar bied ’n handige gratis toep wat maklike toegang bied tot ’n wye reeks inligting met die druk van ’n knoppie. Dit verskaf nie net detail inligting oor hul produkte en nuwe kultivars nie, maar bied ook opsies soos: Berekening van oesskattings, aanbevelings met betrekking tot plantpopulasie, basteraanbevelings, bereke­ ninge met betrekking tot herplanting, omskepping van eenhede en ’n rekenaar vir die omskepping van valuta. Daar is ook ’n blad met inligting oor oessiektes met foto’s waar­ teen boere kan vergelyk. 3. Measure your land: Daar is ’n aantal gratis toeps beskikbaar om jou te help om jou lande akkuraat te meet, naamlik ‘Measure Your Land’ en ‘Land Calculator’. Een van die gewildste is: GPS Fields Area Measure, wat jou in staat stel om gebied, afstand en grense te meet met behulp van GPS-meting, soos wat jy om die grense van jou lande ry of loop. Boere gebruik dit om lande te meet, grensdraadbe­ hoeftes te bepaal, sowel as vir ander bestuursinligting soos die betaling van kontrakteurs. 4. Teejet SpraySelect is nog ’n handige toep wat jou help om die regte spuitkop te kies. Al wat jy moet doen is om die spoed, spasiëring en teiken­ snelheid in te lees, die drup­ pelgroottekategorie te kies en ’n lys met aanbevelings word verskaf. 5. Messicks Equipment toep verskaf diagramme vir die onderdele van toerusting vir New Holland, Case IH, Krone 6. Het jy geweet dat jy jouself kan verlos van irriterende telebemarkers deur 'n toep soos Truecaller of CallApp? Caller ID & Block by CallApp wys wie die persoon is wat ska­ kel (selfs al is die persoon nie op jou kontaklys nie). Dit sal telebemarkers en spam-oproepe lys en jou in staat stel om onwelkome oproepe te blok. Ek gebruik Truecaller al vir ’n geruime tyd en dit verskaf my groot genot om telebemarkers te identifiseer en te blok! 7. Senwes is ’n leier op die plaaslike front en daar is drie verskillende toeps vir Senwes Graan, Scenario Tydskrif, die aanlynweergawe van hierdie tydskrif, en Nasie in Gesprek, wat ’n plaaslike platform is waarop verskeie denkleiers landbousake bespreek. Dit sluit ook ’n opsie in om lewendig in te skakel op sekere gebeurtenisse. NWK Online is nog ’n handige toep vir boere in dié spesifieke gebied. 8. ’n Aantal plaaslike tydskrifte is deesdae elektronies beskikbaar, insluitend Farmers Weekly, Landbouweekblad SA, Veeplaas en AgriSales. 9. YouTube het ook ’n waar­ devolle bron van inligting geword oor nuwe produkte, nuwe praktyke en hoe dinge > VERVOLG OP BLADSY 52 SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 51