Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 52
••••
T OEK OM SF OK US
Selfone
transformeer boerdery
JENNY MATHEWS
Bly in pas
E
k het onlangs op die plaas
gehelp vee tel - iets wat
my ’n bietjie frustreer. Ek sou
graag wou hê dat die vee netjies
in ’n ry verby my moet beweeg
teen ’n pas wat maklike, akkurate
telling moontlik sal maak... Ja,
ek hoor hoe julle lag! Dit gebeur
NOOIT! Maar daardie oggend,
op die bakkie se dak, het ek ’n
helder oomblik gehad. Ek het my
selfoon uitgehaal en ’n video van
die koeie en kalwers geneem soos
wat hulle verbybeweeg het - en
daardeur ’n klop op die skouer
verdien van Seun Nr. 3, wat baie
beïndruk was deur my idee. By
die huis het ons die video afgelaai
en die koeie en kalwers maklik op
die rekenaarskerm getel! Hoeveel
moeite doen ons om seker te maak
dat die toerusting wat ons in ons
hande het, werklik vir ons werk?
Ek het my gesin en bure gevra om
’n lys te maak van die toepassings
wat ’n praktiese verskil tot hul
boerdery maak! (Ek hoop dat julle
ook sal dink daaroor en jul idees
met ons sal deel!)
KOMMUNIKASIE
Ek onthou die jare to ons “blind”
gereis het met geen selfone nie en ek aanvaar steeds nie die hulp
wat ek nou in die holte van my
hand het, as vanselfsprekend nie.
Ons sit nie meer vas in die mod
der op afgesonderde paaie nie,
wag en hoop nie meer dat hulp
sal opdaag nie, wens nie meer dat
ek oë agter my kop gehad het om
elke trekkerbestuurder te monitor
nie - hy is nou net ’n telefoonop
roep ver! Die verskil wat selfoon
kommunikasie gemaak het is nie
slegs meetbaar in terme van die
verligting van spanning nie, maar
is ook meetbaar in terme van
die besparing van die koste van
brandstof en tyd.
KAMERA
Onlangs, toe ek in die dorp was,
word ’n foto wat die nommer
van die onderdeel duidelik
aandui, na my foon gestuur.
Ek kon na die agentskap
gaan, die foto aan die
assistent wys en seker
wees dat ek die regte
onderdeel kry om
50
DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario
huis toe te neem. Ons vind dat
die gekombineerde werking van
Kamera en Whatsap p ons effek
tiwiteit verhoog het en minder
reiskoste en vinniger aflewering tot
gevolg het.
BANKDIENSTE
Wanneer ek mense vra oor die
toerusting wat werklik ’n verskil
in hul lewens gemaak het, noem
hulle gewoonlik die banktoepas
sing as een van die belangrikste.
Dit is nie slegs 24/7 beskikbaar
nie, maar dit het hulle verlos van
die las om groot bedrae kontant
saam met hulle te dra en hulle
hoef ook nie vir ure tou te staan in
die bank op maandeinde nie.
MARKINLIGTING
Produsente is vir jare gereeld
per sms op datum gebring met
markinligting deur die verskil
lende landboubesighede, maar ’n
toep wat baie gewild onder ons
boere is, is Dalevest. Dit is ’n
gratis diens oor Suid-Afrikaanse en
Amerikaanse graanmarkte. Dit is
beskikbaar in Afrikaans en Engels
en verskaf intydse SAFEX pryse,
tegniese en fundamentele analise,
prysgrafieke, koop- en verkoop
seine, weervoorspellings, daaglikse
rapportering van R/$ en JSE en
wêreldaandelenuus en -inligting,
’n geselsforum van ongeveer
2000 gebruikers, sowel as fisiese
graanbemarkingsdienste.