Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 51

' N B O E R MA A K '  N PL A N •• ••• •• My selfbeeld kom in gedrang! DS. CAREL BOTMA DIE MENS IS IN STAAT OM TE DROOM EN DAAROM STREEF ONS GEWOONLIK SEKERE DOELSTELLINGS NA. D it gebeur veral met indivi­ due wat pas hul beroep betree het. Maar gaandeweg raak die mens ontnugter deur die lewe as gevolg van terugslae wat oën­ skynlik sinneloos is en wat net nie wil ophou nie. Of jou beroep is in werklikheid iets heeltemal anders as wat jy verwag het. Drome spat die een na die ander aan skerwe. Die uiters moeilike en kompeterende omstandighede waaronder die individu sy beroep moet beoefen, put hom emo­ sioneel baie uit. En as gevolg van emosionele broosheid het die indi­ vidu nie meer die volle potensiaal om verliese of die moontlikheid daarvan realisties te beoordeel nie. Gaandeweg is dit nie meer sy drome en ideale wat aan skerwe lê nie, maar hyself. Dit is nie meer sy pogings wat misluk het nie, maar dit is hy wat ‘n mislukking geword het. Hierdie mens verloor uiteindelik sy fokus op sy suksesse sodat hy later net sy mislukkings raaksien. Die uiteindelike gevolg van hierdie proses is ‘n lae eiewaarde, met ander woorde, ‘n mens wat homself baie negatief beoordeel. Hierdie mens gee homself voort­ durend pakslae met selfkritiek, selfverwyt en ‘n uiteindelike self­ haat. Hy kan homself nie vergewe oor foute en verkeerde keuses wat hy gemaak het nie en sal dae lank daaroor loop en tob: Hy as mens het misluk! Vanuit sy drome en ideale het hy daarvolgens sy bronne bymekaar gemaak. En soos wat sy drome en ideale begin kraak en versplinter het, so het dit ook met die bronne gebeur. As dit van jou lewe waar is, is jy selfs heel moontlik ontevrede met jou persoonlike kenmerke en kan jy vrae vra oor jou werklike iden­ titeit. Want jou verlore bronne was mos die bepalers van jou identi­ teit. ‘n Natuurlike reaksie hierop is om hiervoor te probeer vergoed deur meer of ander bronne te bekom: jy koop ‘n duurder motor, plaas meer druk op jou kinders om (namens jou) te presteer, jy probeer luukser leef, werk langer ure, ensovoorts. Heel dikwels dompel al hierdie pogings om jou bronne te ver­ meerder jou nog verder in die maalkolk van stres wat spruit uit die finansiële skuld wat jy aange­ gaan het om nuwe of meer bronne aan te skaf. Al verder word jou selfwaarde afgetakel, want die mis­ lukkings word net meer en groter. Uiteindelik vra jy ook hoekom God aan jou die lewe geskenk het, want dit maak jou naar - dit walg jou. Dit sou nader aan die waar­ heid gewees het om te sê dat jy, vanweë jou lae selfwaarde, vir jou­ self walglik is! Dan sou jy eerder saam met Job ‘n misgeboorte wou wees. Hierdie lae selfwaarde ont­ neem jou van die vrymoedigheid om sinvolle verhoudings met ander mense aan te knoop en te handhaaf - dit kan ook selfs jou bestaande verhoudings aantas. Maar jou lae selfwaarde beroof jou ook van die vrymoedigheid om verdere doelstellings vir jou toe­ koms te maak. Die bose kringloop raak al meer intens... SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 49