Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 49

•••••••

Ballistiese koëffisiënt (“ BC ”)

JAN-LODEWYK SERFONTEIN
KOLSKOOT •••

Wat is dié nuwe woord of term wat deesdae so vrylik gebruik word ? Is dit nou weer ‘ n term wat gebruik word sodat jagters dink hulle het nuwe toerusting nodig om beter te jag ? Of is dit iets wat nog altyd daar was , maar nou net ‘ n naam en betekenis gekry het ?

Die afkorting “ BC ” is afkomstig vanaf die Engelse vertaling van ballistiese koëffisiënt ( ballistic coefficient ). Die BC van ‘ n koeël is ‘ n aanduiding van hoe vaartbelyn die koeël is . Dit meet hoe goed ‘ n koeël deur die lug kan sny . Wiskundig is BC die verhouding tussen ‘ n koeël se seksionele digtheid ( gewig / deursnee ) en sy vorm . Hoe hoër ‘ n koeël se BC is , hoe beter sal dit deur die lug trek .
Tabel 1
Afstand
. 243 BC . 373 . 2850fps . 100gr . 25km / h .
Vertikale Horisontale afwyking afwyking
Hoekom is ‘ n koeël se BC so ‘ n belangrike begrip ? Die BC van ‘ n koeël is belangrik vir skuts , aangesien dit gebruik word om die koeël se trajek en windafwyking te bepaal voor dit die teiken gaan tref . Met dié inligting kan jy dan veranderings maak om die teiken op die regte plek te tref . Met afstandtasters kan die afstand na ‘ n teiken maklik bepaal word . Die wind is egter ‘ n veranderlike wat baie selde dieselfde bly . Daarom wil skuts ‘ n koeël hê met ‘ n goeie BC wat nie so baie deur die wind geaffekteer word nie .
Indien ons twee . 243 koeëls wat dieselfde weeg met mekaar vergelyk , sal hulle seksionenele digtheid dieselfde wees , aangesien hulle ewe swaar weeg en dieselfde
. 243 BC . 430 . 2850fps . 100gr . 25km / h
Vertikale Horisontale afwyking afwyking
100
0cm
4cm
0cm
4cm
200
12cm
16cm
10cm
14cm
300
42cm
39cm
39cm
33cm
400
96cm
76cm
92cm
64cm
500
180cm
125cm
170cm
105cm
600
306cm
186cm
282cm
156cm
700
476cm
273cm
427cm
224cm
800
704cm
376cm
624cm
304cm
Tabel 2
Afstand
6.5x55 BC . 495 . 2850fps . 140gr . 25km / h .
Vertikale afwyking
Horisontale afwyking
6.5x55 BC . 535 . 2850fps . 140gr . 25km / h .
Vertikale afwyking
Horisontale afwyking
100
0cm
3cm
0cm
3cm
200
10cm
12cm
10cm
12cm
300
39cm
30cm
39cm
27cm
400
88cm
52cm
84cm
48cm
500
160cm
85cm
155cm
80cm
600
258cm
132cm
252cm
120cm
700
392cm
182cm
378cm
168cm
800
568cm
256cm
544cm
224cm
deursnee het .
Indien ons Sierra se koeëls as ‘ n voorbeeld gebruik , kry ons die volgende BC van die verskillende koeëls .
• Sierra Pro Hunter 100 gr . BC - 0.373
• Sierra Game King 100 gr . BC – 0.430
Hoe groot verskil maak die BC van ‘ n koeël op sy trajek en sy rigting op ‘ n lekker winderige dag ? Te danke aan tegnologie kan rekenaars vir ons daardie vrae beantwoord sonder dat ons op die skietbaan hoef te wees . Hier is ‘ n voorbeeld van so ‘ n tabel wat deur ‘ n rekenaarprogram gegenereer is . Die veranderlikes wat ek ingevoer het , was kaliber , BC , spoed , gewig en windspoed ( Tabel 1 ).
Indien ons na ‘ n kaliber kyk wat bekend is vir sy goeie BC , kry ons die volgende inligting vanaf die rekenaarprogram vir ‘ n 6.5 x 55mm ( Tabel 2 ).
Uit hierdie voorbeelde is dit duidelik dat twee koeëls , van dieselfde kaliber , met dieselfde spoed en gewig met ' n verskillende BC , tot op 300m die teiken baie naby aan mekaar sal tref . Indien verskillende kalibers met mekaar vergelyk word , word die voordeel van ‘ n beter BC koeël egter heelwat groter . Is BC dus so belangrik ? Met koeëlkeuse van ‘ n spesifieke kaliber , nie werklik nie . Wanneer die be ­ sluit egter tussen twee verskillende kalibers is , kies dan eerder dié een waarvan die koeël die lug beter sny en minder geaffekteer word deur eksterne faktore .
SENWES Scenario • DES 2016 / JAN 2017 47