Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 - Page 44

•••• D RUPP E LS OP DI E DA K Hoe verloop die seisoen? WERKLIKE REËNVAL VIR 1 - 31 OKTOBER 2016 THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK REËNVALVERLOOP HIERDIE SEISOEN Die meeste weervoorspellings­ dienste het voorspel dat die 2016/17 seisoen later as normaal gaan begin. Julie, wat die eerste maand van die 2016/17 somer­ seisoen is, het bo-gemiddelde reën ontvang, wat redelik byge­ dra het tot die opbou van die ondergrondse vog in die geval van bewerkte lande. Augustus en September het weer bykans geen reën hierdie seisoen ontvang nie. Oktober se reënval word in meegaande kaart aangedui. Die noord-westelike en suid-westelike gedeeltes van die tradisionele Senwes gebied het heelwat minder as die langtermyn reënval ontvang. Di e Steynsrus en Arlington gebied het baie goeie reën ontvang vir Oktober en veral die winterkoring het baie daarby gebaat. Die ge­­ mid­delde reënval vir Oktober was 45.5 mm teenoor die langtermyn gemiddelde reënval van 53.7 mm. Die kumulatiewe reënval vir die periode 1 Julie 2016 tot 31 Oktober 2016 word in die volgen­ de kaart aangedui. Die grootste deel van die sentrale deel van die tradisionele Senwes gebied het meer reën ontvang hierdie seisoen as die langtermyn gemiddeld. Die noord-westelike en suid-westelike gedeelte van die gebied suip weer aan die spreekwoordelike agter­ speen. Die Steynsrus en Arlington gebied het redelike goeie reën tot op hierdie stadium ontvang. 42 DIE KUMULATIEWE REËNVAL VIR DIE PERIODE 1 JULIE 2016 TOT 31 OKTOBER 2016 INDIKATORE VIR DIE 2016/2017 SEISOEN Voor ons na die klimatologiese indikatore kyk, kyk ons na die invloed van El Niño, La Niña en neutrale episodes op die SuidAfrikaanse mielieoes. Die totale mielieoes deur kommersiële produsente geproduseer, word in grafiek 1 aangedui. Dit is duidelik dat die grootste twee mielieoeste tydens neutrale-tipe seisoene DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario geproduseer is. Die derde grootste oes was gedurende ’n El Niño-tipe seisoen geproduseer. Verskeie fak­ tore speel ’n rol in die realisering van die grootte van die oes, soos reënvalverspreiding, temperature, verdampingsaanvraag en oorge­ draagde vog. Wat egter seker is, is dat verskeie El Niño-tipe seisoene tot uiters lae oesgroottes aanlei­ ding gegee het. Die 1983/84 sei­ soen, wat ’n La Niña-tipe sei­soen